Aishwarya Rai Bachchan (Tulu: ಐಶ್ವರ್ಯಾ ರೈ, gebore 1 November 1973 in Mangalore, Karnataka)http://indianexpress.com/article/entertainment/bollywood/aishwarya-rai-bachchcan-42nd-birthday-husband-abhishek-daughter-aaradhya/ is 'n Indiese model en aktrise. In 2009 is sy deur Indiese regering met die Padma Shri bekroon, wat die vierde hoogste burgerlike toekenning in Indië is. In 2012 het Rai die Ordre des Arts et des Lettres, 'n toekenning van die regering van Frankryk, ontvang. Sy is deur baie mense as "een van die mooiste vroue op aarde" beskryf."The World's Most Beautiful Woman?" cbsnews.com. Retrieved on 2007

Lewensloop

duimnael|links|Aishwarya Rai saam met aktrise Madhuri Dixit, wie ook 'n belangrike rol in die film Devdas vertolk het.

Aishwarya Rai is in 'n Tulu-sprekende Bunt-familie in Mangalore gebore. Sy het die byname 'Ash', 'Aishu' en vir haar familie, 'Gullu'. Sy het 'n broer, Aditya Rai, wat 3 jaar ouer as sy is. Sy is op Donderdag, 19 April 2007 met Abhishek Bachchan in Moembaai getroud. Op 16 November 2011 is haar dogtertjie gebore.http://timesofindia.indiatimes.com/city/mumbai/Aishwarya-Rai-gives-birth-to-baby-girl/articleshow/10762399.cms Voordat sy 'n aktrise geword het, was sy 'n student in argitektuur en 'n model. Sy praat baie tale: Engels, Hindi, Urdu, Kannada, Tamil, en Marathi; Haar moedertaal is Tulu, wat deur sowat twee miljoen mense gepraat word.

In 1994 is sy met die titel van Miss World bekroon. As gevolg van haar Miss World-titel is sy gevra om rolle in verskeie Indiese films te speel, en sy het in die laat 1990's 'n paar rolle in verskeie Bollywood-produksies vertolk. Hierdie kommersiële films, wat in die studio's van Moembaai geproduseer is, bevat baie kleur, skouspel, dans en musiek. Aishwarya het haar loopbaan as 'n aktrise en danser in die kollig van die filmbedryf uitgebrei.

Voordat Aishwarya internasionale erkenning ontvang het, het sy rolle in ongeveer dertig Indiese films vertolk. Haar eerste groot Amerikaanse produksie was Bride and Prejudice: The Bollywood Musical (2004). Aishwarya, saam met mede-akteur Martin Henderson het 'n ontmoetingspunt tussen die Amerikaanse Hollywood en Indiese Bollywood gevind. Daarbenewens het sy rolle in verskillende Engelstalige films gespeel, soos Mistress of Spices (2005), Provoked (2007), A true Story (2006), The Last Legion met Colin Firth en Ben Kingsley, en Pink Panther 2 met Steve Martin.

In 2002 het sy 'n lid van die jurie van die Cannes Film Festival geword. Aishwarya is die eerste Indiese aktrise wat hierdie lidmaatskap ontvang het. Sy het ook haar film Devdas by die filmfees geadverteer.

Sy is, saam met aktrises soos Penélope Cruz, Andie MacDowell, Gong Li, Catherine Deneuve en die model Doutzen Kroes, 'n lid van die L'Oréal Dreamteam. Sy is ook jare lank die internasionale gesig van Longines.

Aishwarya is in TIME magazine se lys van die 100 mees invloedryke mense op aarde aangewys.

Filmografie 1997: Iruvar 1997: …Aur Pyar Ho Gaya 1998: Jeans 1999: Aa Ab Laut Chalen 1999: Hum Dil De Chuke Sanam 1999: Taal 1999: Ravoyi Chandamama 2000: Sanam Tere Hain Hum 2000: Mela 2000: Kandukondain Kandukondain 2000: (Josh) 2000: Hamara Dil Aapke Paas Hai 2000: Dhaai Akshar Prem Ke 2000: Mohabbatein 2001: Albela 2002: Devdas 2002: Hum Tumhare Hain Sanam) 2002: Hum Kisise Kum Nahin 2002: 23rd March 1931: Shaheed 2002: Shakti – The Power 2003: Dil Ka Rishta 2003: Kuch Naa Kaho 2003: Chokher Bali 2004: Khakee 2004: Kyun! Ho Gaya Na… 2004: Bride and Prejudice 2004: Raincoat 2005: Shabd 2005: Bunty Aur Babli 2005: The Mistress of Spices 2006: Provoked: A True Story 2006: Umrao Jaan 2006: Dhoom – Back in Action (Dhoom 2) 2007: Journey Across India 2007: The Last Legion 2007: Guru 2008: Jodhaa Akbar 2008: Sarkar Raj 2009: The Pink Panther 2 2010: Action Replayy 2010: Raavanan 2010: Enthiran 2010: Guzaarish 2015: Jazbaa

Verwysings

Eksterne skakels

Queen of Bollywood – Filmography and Bio Queen of Bollywood – Filmography and Bio and Movies and Photos

Kategorie:Indiese akteurs Kategorie:Modelle Kategorie:Geboortes in 1973 Kategorie:Lewende mense