duimnael|links|300px|Die Gereformeerde kerk Lindley. Ds. H.P.J. Pasch het die hoeksteen op 13 Mei 1913 gelê.

duimnael|regs|170px|Ds. Douw Venter, leraar in kombinasie van 1920 tot 1924.

duimnael|regs|170px|Ds. (later prof.) W.J. Snyman, leraar van 1925 tot 1927, sy eerste gemeente.

duimnael|regs|240px|Ds. H.P.J. Pasch en sy gesin. Agter: Anna. Voor: Lena, Gerrit, Johanna, Babie en Schutte. Hy was Lindley se leraar van 1927 tot hy in 1936 hier in die amp oorlede is.

duimnael|regs|250px|Dr. en mev. Johannes Postma en hul gesin. Lindley was van 1945 tot 1946 hul eerste gemeente.

duimnael|regs|170px|Ds. Jan Hendrik Boneschans, die leraar van 1948 tot 1953.

duimnael|regs|170px|Ds. Dirk Wijnbeek, leraar van 1971 tot 1975, sy eerste gemeente.

Die Gereformeerde kerk Lindley is die derde oudste gemeente in die GKSA se Klassis Oos-Vrystaat en met 37 belydende en 11 dooplidmate einde 2014, ook die kleinste. Benewens die hoofdorp Lindley, sluit die gemeente ook Arlington en Petrus Steyn in.

Lindley is een van die agt sogenaamde Gereformeerde Kerke onder die Kruis wat ontevrede lidmate van die Nederduitse Gereformeerde Kerk tussen 1897 en 1911 gestig het. Van dié agt kerke, bestaan nog net Lindley, Frankfort, Carolina en Clanwilliam. Op 3 Januarie 1911 is 'n voorlopige byeenkoms gehou van die beswaarde lidmate van die NG gemeente Lindley en 'n kommissie benoem om die name van diegene wat wou uittree uit die NG Kerk, op te neem. Toe daar op 18 Januarie 1911 weer 'n vergadering gehou is ten huise van P.C. Oosthuizen, het dit geblyk dat daar sowat 100 persone was wat bereid was om hul lidmaatskap van die NG Kerk te beëindig weens talle besware teen dié kerkverband.

Op ’n gemeentevergadering op 25 Maart 1911 op die plaas Klipdrift en in samewerking met Steynsrus (waar die NG gemeente Steynsrus die jaar vantevore gestig is) is toe ’n gemeente gestig wat sou bekendstaan as die Gereformeerde Kerk onder die Kruis. Op 6 Januarie 1913 het hulle op aanbeveling van ds. S.J. du Toit, vader van Totius, by die Gereformeerde Kerk aangesluit.

Reeds in Oktober 1912 het die lidmate op ’n gemeentevergadering besluit om ’n kerkgebou op Lindley op te rig. Twee erwe is gekoop en 32 banke is van die Gereformeerde kerk Ventersburg aangekoop. Ds. H.P.J. Pasch het die kerk se hoeksteen op 13 Mei 1913 gelê. Die teks op die steen is Ps. 74:19. Binne-in die hoeksteen is ’n holte gemaak waarin ’n vrugtefles verseël is. Daarin is al die besware van die gemeente en hul beginsels op skrif gestel sodat die nageslag kan sien waarom hulle hier ’n Kruiskerk gestig het.

Later is ’n konsistorie agter die kerk aangebou en ook die vooraansig verander om die deur onder dak te kry.

Predikante Venter, Douw Gerbrand, 1920 – 1924 (in kombinasie) Snyman, dr. Willem Jacobus, 1925 – 1927 Pasch, Hendricus Philippus Josef, 1927 – 15 September 1936 (oorlede in die amp) Postma, dr. Johannes, 1945 – 1946 Boneschans, Jan Hendrik, 1948 – 1953 De Wet, dr. Johannes Marthinus, 1957 – 1960 Van der Walt, Hendrik Jacob, 1962 – 1966 Kruger, dr. Markus Petrus, 1966 – 1968 Wijnbeek, Dirk Hendrik Petrus, 1971 – 1975 Van Jaarsveld, Andries Sarel Marthinus, 1975 – 1978 Vorster, Roelof Louis, 1979 – 1981 Boshoff, Marthinus Christoffel, 1982 – 1983; 1983 – 1985 (in kombinasie met Steynsrus) Malan, Daniël Jacobus, 1986 – 2001 (in kombinasie met Steynsrus; aanvaar sy emeritaat om mediese redes) Janse van Rensburg, Reghard, 2016 – hede

Bronne Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1957. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1958. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1958. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1959. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Sien ook Gereformeerde kerk Steynsrus NG gemeente Lindley NG gemeente Steynsrus

Kategorie:Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Kategorie:Vrystaat