Ismail ibn Musa Menk, ook bekend as Mufti Menk, is 'n Moslem-geestelike en die huidige Groot-Mufti van Zimbabwe.

Lewensloop Menk is in Harare gebore. Menk het 'n graad in Sharia-regsgeleerdheid aan die Islamitiese Universiteit van Madinah verwerf. Daarna het Menk in Gujarat, Indië in die regsfilisofie gespesialiseer. Mufti Menk is die direkteur van die Daar ul Ilm (Islamitiese Opvoedkundige Sentrum) van die Majlisul Ulama wat voorsiening vir die opvoedkundige behoeftes van die Moslem-bevolking van Zimbabwe maak. Mufti Menk is veral in Oos-Afrika bekend. Menk is ook as 'n internasionale Islamitiese onderwyser bekend.

Omstredenheid The Huffington Post beskryf Menk as 'n "openlike homofobiese Islamitiese prediker" wat homoseksuele mense aan die kaak as "vuil" gestel het. Om hierdie rede is hy in 2013 geweier om ses Britse universiteite – Oxford, Leeds, Leicester, Liverpool, Cardiff en Glasgow – te besoek.

Toekennings KSBEA 2015 Toekennings – Globale Leierskap prys vir sosiale voorligting.

Verwysings

Eksterne skakels Webtuiste van Mufti Ismail Menk

Kategorie:Zimbabwiërs Kategorie:Islamitiese leiers Kategorie:Geboortes in 1975 Kategorie:Lewende mense