duimnael|'n Huisknopiespinnekop
Knopiespinnekop is 'n algemene naam wat in Suider-Afrika gebruik word om te verwys na die plaaslike lede van die spinnekopgenus, Latrodectus, in die Theridiidae-familie. Hierdie spinnekoppe staan elders in die wêreld ook as weduweespinnekoppe ("widows") bekend.
Daar kom ongeveer ses Latrodectus-spesies in Suider-Afrika voor – vyf van hulle is inheems en een moontlik ingevoer.
Die knopiespinnekopfamilie Die verskillende spesies word informeel in twee groepe verdeel, volgens hulle kleur:
Die swart knopiespinnekoppe is swart gekleur (gewoonlik met rooi dorsale merke), en sluit die volgende spesies in:
L. cinctus (Ooskusknopiespinnekop) L. indistinctus (Weskusknopiespinnekop) L. karooensis (Karooknopiespinnekop) L. renivulvatus (Binnelandknopiespinnekop)
Al die bogenoemde spinnekopspesies kom endemies in Suider-Afrika voor.
Die bruin knopiespinnekoppe is ligter gekleur as die swart knopiespinnekoppe; daar bestaan twee bruin knopiespesies:
L. geometricus (huisknopiespinnekop) L. rhodesienses (Zimbabweknopiespinnekop)
Kategorie:Spinnekopagtiges