duimnael|regs|160px|Ds. P.G.W. du Plessis, die leraar van 1975 tot 1993. Dié foto is geneem toe hy op universiteit was.
Die Gereformeerde kerk Pretoria-Rooiwal is ’n gemeente van die Gereformeerde Kerk (GKSA) in die kleinhoewegebiede noord van Pretoria en suid van Hammanskraal. Die gebiede binne die gemeentegrense sluit Haakdoring, Haakdoringboom, Hammanskraal, die hoewes noord van Bon Accord en Onderstepoort in.
Die gemeente het in 1972 afgestig van die Gereformeerde kerk Wonderboompoort, wat in 1960 gestig is en wie se kerkgebou geleë is by Genl. Beyersstraat 256, Pretoria-Noord. Die nuwe gemeente het aanvanklik sy eredienste en byeenkomste in die saal van die Laerskool Uniefees op Rooiwal, noord van Pretoria, gehou. In 1977 het die gemeente 10 morg grond aangekoop waarop hulle ’n kerk wou oprig. Dié gebou is dan ook op 19 en 20 Februarie 1983 in gebruik geneem. Die kerkraad van die Gereformeerde kerk Piet Retief het die klok van die ontbinde Gereformeerde kerk Stegi (Bremersdorp, eSwatini, 1926–1965) aan Rooiwal geskenk. Vir dié klok het Ben Nel van Witbank ’n staalkonstruksie ontwerp en aan die kerk geskenk.
Pretoria-Rooiwal het sedert die begin van die 21ste eeu minder goed gevaar met betrekking tot die handhawing van sy lidmaattal: einde 2001 was hier 250 belydende en dooplidmate, maar einde 2014 net 131 belydende en 33 dooplidmate.
Predikante Lessing, Johannes Christiaan, 1973 – 1974 Du Plessis, Pieter Gert Wessel, 1975 – 1993 (aanvaar sy emeritaat) Snyman, Willem Marthinus, 1993 – 1996 Stavast, Hendrik Lammert, 1997 – 2001 Bogaards, dr. Attie Hendrik, 2004 – 2019
Bronne Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
Eksterne skakels Die gemeente se webtuiste . URL besoek op 19 Februarie 2016.
Kategorie:Gereformeerde Kerke in Groot-Pretoria Kategorie:Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika