links|300px|duimnael|Die Gereformeerde kerk Port Elizabeth.
duimnael|links|250px|Ds. en mev. W. Venter, die leraarspaar van 1950 tot 1952.
duimnael|170px|regs|Dr. Sarel Jacobus du Plessis, leraar van 1946 tot 1947.
duimnael|regs|170px|Ds. Willem Venter, leraar van 1950 tot 1952.
duimnael|regs|170px|Ds. Dirk Postma, leraar van 1988 tot 1996, sy vyfde gemeente.
Die Gereformeerde kerk Port Elizabeth is ’n gemeente van die Gereformeerde Kerk in die Oos-Kaapse hawestad Port Elizabeth (nou Gqeberha).
Geskiedenis Port Elizabeth was eers ’n wyk van die Gereformeerde kerk Middelburg, Kaap, maar het op 21 Desember 1929 van dié gemeente afgestig. Van 1937 af het die gemeente ’n Duitse kerkie in die middedorp gehuur, wat 18 jaar gebruik is vir byeenkomste en eredienste. In 1958 het die gemeente die huidige kerkgebou in Adcockvale in gebruik geneem. Die argitek was Pieter van Rooyen, ’n lidmaat van die gemeente.
Eers in 1973 kon die gemeente ’n orrel in gebruik neem. In 1978 het die ingebruikneming van ’n gemeentesentrum langs die kerkgebou aan die beurt gekom. In 1991 het die kerkraad as bouaannemer opgetree tydens die vergroting van die kerkgebou met twee vleuels.
Lidmaattal Die jaartal by die onderstaande syfers dui op die jaar waarin dit in die Gereformeerde Kerk se Almanak verskyn het; nie op die jaar waarin die lidmate getel is nie.
Jaartal Dooplidmate Belydende Lidm. Sieletal 1959 96 141 237 1998 118 417 535 2002 89 370 459 2012 98 400 498 2014 85 401 486 2017 77 396 473
Predikante Du Plooy, Jan Frederick, 1933 – 1936 (leraar van Oos-Londen) Kruger, Herculaas Frederik Venter, 1937 – 1942 (leraar van Oos-Londen) Du Plessis, dr. Sarel Jacobus, 1946 – 1947 Snyman, Nicolaas Tjaart, 1948 – 1949 Venter, Willem, 1950 – 1952 Venter, dr. Mechiêl, 1954 – 1958 De Bruyn, Frans Roelof Petrus, 1958 – 1964 De Wet, Petrus Johannes, 1964 – 1971 Venter, Petrus Albertus, 1971 – 1981 Kruger, Jan Adriaan, 1981 – 1988 Postma, Dirk, 1988 – 1996 Lion-Cachet, dr. Jan, 1996 – 2002 Van Rooy, Henri Charles, 2002 – 2007 Potgieter, Theunis Johannes, 2008 – 2022 Steyn, Karel, 3 September 2022 – hede
Bronne Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1957. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1958. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1958. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1959. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
Sien ook Gereformeerde kerk Uitenhage NG gemeente Port Elizabeth
Port Elizabeth Kategorie:Port Elizabeth