Bloomsbury is 'n buurt in die Londense administratiewe distrik Borough of Camden wat in die 17de en 18de eeu deur die Russell-familie (met die hertog van Bedford as sy bekendste lid) tot 'n gesogte woongebied ontwikkel is. duimnael|links|17 Bloomsbury Square, 'n 18de eeuse gebou wat aan die argitek John Nash toegeskryf word en historiese hoofkantor van die Royal Pharmaceutical Society of Great Britain, huisves tans die German Historical Institute London (GHIL) wat deel uitmaak van die Max Weber-stigting Bloomsbury, wat tussen Euston Road en Holborn in westelike Sentraal-Londen geleë is, staan veral bekend vir sy tuinpleine of garden squares, sy verbintenisse met die Engelse literatuur (waaronder die befaamde Bloomsbury-groep, 'n invloedryke kring van skrywers, intellektueles, filosowe en kunstenaars) en die verskeidenheid kulturele, opvoedkundige en geneeskundige instellings wat hier gesetel is. Alhoewel Bloomsbury nie die eerste Londense buurt was waar 'n formele plein aangelê is nie, was Bloomsbury-plein (Bloomsbury Square), wat in 1660 deur Thomas Wriothesley, 4de graaf van Southampton as Southampton Square aangelê is, nogtans die eerste plein of square waarna as sulks verwys is.
Naas sy Georgiaanse boukuns en tuinkultuur roep Bloomsbury as die setel van die befaamde Britse Museum en die Universiteit van Londen se Bloomsbury-kampus met altesaam 180 geboue by Londenaars ook die konnotasie van 'n sentrum van geleerdheid op.
Verwysings
Eksterne skakels Toerisme
The Culture Trip: Top Things To See And Do In Bloomsbury, London Geskiedenis
The Bedford Estates: The History of the Bloomsbury Area Kulturele geskiedenis
Bloomsbury Cultural History Stadsbeplanning
Bloomsbury Conservation Area Appraisal and Management Strategy
Kategorie:Londen