duimnael|links|Die kerkgebou te 215 Emmarentiastraat, Meyerspark duimnael|regs|170px|Dr. C.J.H. Venter toe hy vierdejaarstudent aan die Teologiese Skool Potchefstroom was saam met ds. P.P. Kruger, Meyerspark se pedikant van 1991 tot 2006. Hy was van 1972 tot 1981 Meyerspark se eerste predikant.
duimnael|regs|170px|Dr. Abie Helberg, leraar van 1981 tot 1990, hier afgeneem in sy finale jaar aan die Teologiese Skool Potchefstroom, 1959. duimnael|regs|170px|Dr. Petrus Paulus Kruger, leraar van 1991 tot 2006.
Die Gereformeerde kerk Meyerspark is ’n gemeente van die Gereformeerde Kerk (GKSA) in die ooste van Pretoria. Dit sluit, benewens die woonbuurt waaraan die naam ontleen is, ook Die Wilgers, Donkerhoek, Equestria, Boschkop, La Montagne, Lynnwoodrif, Murrayfield, Willow Glen en Silverton uitbr. 10 in.
Die gemeente het op 1 Augustus 1971 van die Gereformeerde kerk Silverton afgestig. Destyds was dit ’n jeugdige gemeente waarvan die gemiddelde ouderdom van sy belydende lidmate in Oktober 1972 net 28 jaar was. So het daar ’n hegte band tussen ’n kerngroep lidmate ontstaan. Die lidmate het dan ook mettertyd ál ouer en die dooplidmate ál minder geword: Einde 1997 was die sieletal 1 006 van wie amper 20 persent dooplidmate was; einde 2001 was die sieletal 789, van wie die dooplidmate amper 17 persent was, maar tot einde 2014 het die sieletal afgeneem tot 443, van wie die dooplidmate net 9,5 persent was. Die lidmaattal het trouens al omstreeks 1990 op sowat duisend 'n hoogtepunt bereik en daarna algaande verminder.
Op ’n kerkraadsvergadering op 19 September 1973 is besluit om ’n kerk-en-saal-kompleks vir die gemeente op te rig. ’n Lidmaat, Renier Roos, is as argitek aangewys. Weens die resessie van destyds kon die gemeente eers nie ’n verbandlening kry nie en het hulle besluit dat die kerkraad as eienaarbouer sou optree. Aanvanklik is die koste op R135 000 (sonder professionele fooie) geraam, maar dit het eindelik amper verdubbel tot R240 000.
Die susters van die gemeente het die orrel afbetaal deur middel van koek- en kosverkopings, terwyl J.V. Juventus geld vir die preekstoel ingesamel het. Die kerkgebou is op 22 Mei 1976 plegtig in gebruik geneem. Die kompleks bestaan uit ’n kerkgebou en saal, skakel met ’n moederskamer en die kombuis. Al die vensters kyk uit op ’n binnehof wat met ’n groot glasdeur verbind word met die saal. Dr. C.H. Venter het ’n gedenkplaat in die kerkgebou se voorportaal onthul.
Predikante van der Walt, J.H.S., 1971 – 1974 Venter, Casper Jan Hendrik, 1972 – 1981 Labuscagne, dr. Gert Christoffel Petrus, 1980 – 1983 Helberg, dr. Abraham Nicolas, 1981 – 1990 Du Plooy, Jan Louis, 1984 – 1991 Lubbinge, Paul, 1991 – 1999 Kruger, dr. Petrus Paulus, 1991 – 2006 (aanvaar sy emeritaat) Pelser, Abraham Liebrecht, 2000 – 2009 Kruger, dr. Ferdinand Petrus (Ferdi) 2009 – 2014 Goede, dr. Hendrik, 2015 – 2016 Niemann, Gerhard Potgieter, Jasper Dreyer, 2016 – hede (oorgekom vanaf die Gereformeerde kerk Rooihuiskraal)
Bronne Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1957. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1958. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1958. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1959. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
Eksterne skakels Die gebouekompleks van die Gereformeerde kerk Meyerspark, hoek van Emmarentia- en Nicolettestraat, Meyerspark. URL besoek op 6 Desember 2015.
Kategorie:Gereformeerde Kerke in Groot-Pretoria Kategorie:Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika