Jonah Tali Lomu (12 Mei 1975 – 18 November 2015) was ’n Nieu-Seelandse rugbyspeler van Tongaanse herkoms. Hy het sy land in 63 toetse verteenwoordig. Oor hom is gesê dat hy die eerste ware globale rugbysuperster was en dat hy ’n enorme invloed op die spel gehad het. Hy is op 9 Oktober 2007 in die Internasionale Rugbyheldesaal opgeneem en op 24 Oktober 2011 in die IRR Heldesaal. Hy het tydens die Rugbywêreldbeker 1995 en Rugbywêreldbeker 1999 vir Nieu-Seeland uitgedraf.

Lomu het ’n nieroorplanting ondergaan in 2004, maar het daarna weer rugby gespeel. Hy is op 40-jarige ouderdom skielik aan nierversaking in Auckland, Nieu-Seeland, oorlede.

Rugbywêreldbeker 1995 Ten spyte van net twee toetse vir die All Black gespeel het, was Lomu in die groep ingesluit vir die Rugbywêreldbeker 1995 in Suid-Afrika. Lomu het sewe drieë gekry in vyf wedstryde, twee in die eerste wedstryd teen Ierland in Johannesburg, 'n drieë in die kwarteindronde teen Skotland by Loftus Versfeld en vier drieë in die halfeindstryd teen Engeland by Nuwelandstadion.

Persoonlike lewe In 1996 het Lomu getrou met die Suid-Afrikaanse Tanya Rutter en hulle het vier jaar lank in Nieu-Seeland gewoon voor hul skeiding. Hy het in Augustus 2003 met sy tweede vrou, Fiona, in 'n geheime seremonie op Waiheke eiland getroud. Hy het 'n week later 'n fees op die eiland gehou.

Verwysings

Verdere leesstof Phil Shirley. Blood & Thunder The unofficial biography of Jonah Lomu. Harper Collins Publishers, London, Lomu, Jonah, (2004). Jonah Lomu Autobiography, Headline Book Pub Ltd, ()

Eksterne skakels

Amptelike webtuiste ESPN-profiel

Kategorie:Nieu-Seelandse rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1975 Kategorie:Sterftes in 2015