Ds. Leonardus Terwoldt (ook Terwolt, Terwold of Terwalt) (Longenhouw, Friesland, 1664 – Nederland, datum onbekend) was die tiende predikant wat in diens van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika bevestig is.
Terwoldt is in Friesland gebore waar sy vader predikant was. ’n Broer van hom was predikant in Ytens. Hy is op 25 Augustus 1682 as student in Groningen ingeskryf en van 1689 tot 1693 was hy predikant aan die Kaap. Veel is nie van hom bekend nie. Hy het die Kaap verlaat en op 9 November 1693 in Batavia aangekom en daar verslag gedoen van die toestand van die Kerk aan die Kaap. In Desember van dieselfde jaar is hy na Holland terug en daarna is, wat die beskikbare bronne betref, nie weer van hom gehoor nie.
Kaapse predikante tydens die 17de eeu Joan van Arckel (ook Johannes), 1665–1666 Johannes de Vooght, 26 Februarie – 23 November 1666 Petrus Wachtendorp, November 1666 – Februarie 1667 Adriaan de Vooght, 1667–1674 Rudolphus Meerlandt, 1674–1675 Petrus Hulsenaar, 1675–1677 Johan Frederick Stumphius, Mei 1678 Johannes Overney, 1678–1687 Johannes van Andel, 1687–1689 Pierre Simond, 1688–1702 Leonardus Terwoldt, 1689–1693 Hercules van Loon, 1695–1697 Petrus Kalden, 1697–1707
Bronne Engelbrecht, prof. dr. S.P. 1952. Die Kaapse predikante van die sewentiende en agtiende eeu. Kaapstad en Pretoria: H.A.U.M.-De Bussy. Maeder, ds. G.A. en Zinn, Christian. 1917. Ons Kerk Album. Kaapstad: Ons Kerk Album Maatschappij Bpkt.
Kategorie:Suid-Afrikaanse predikante Kategorie:Predikante van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Kategorie:Geboortes in 1664