Mohamed Enver Surty (gebore 15 Augustus 1953) is 'n Suid-Afrikaanse politikus. Hy was van 2009 tot 2019 die Adjunkminister van Basiese Onderwys in die kabinet van president Jacob Zuma. Hy is 'n lid van die African National Congress.

Surty is 'n gekwalifiseerde prokureur en het as adjunkminister van onderwys vanaf April 2004 tot September 2008 gedien. Vanaf September 2008 tot 2009 was hy die Minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling.

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van justisie Kategorie:Geboortes in 1953 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Politici van die African National Congress