Die nagblom (Cereus jamacaru) is 'n indringerplant en sukkulente kaktus wat in Suid-Afrika voorkom. Die boom is endemies aan Noordoos-Brasilië. Dit groei op rotsagtige plekke in die halfdorre Karoo en savanne en word 3 tot 12 m hoog. Dit staan ook as die bobbejaanpaal bekend in Afrikaans en in Engels as die Queen of the night.
Voorkoms Die boom het dik takke (kladodes) wat uit 'n kort stam spruit met geen blare op nie. Fotosintese vind deur die blougroen kladodes plaas. Daar is skerp dorings aan die takriwwe. Die dorings kom in groepe van 5 tot 10 voor. Die plant het aanskoulike wit blomme wat snags oopgaan. Dit word deur motte of vlermuisse bestuif. Die vrug is pienk en in bessievorm.
Die nagblom lyk baie soos die naboom. Laasgenoemde skei egter melksap af en het nie die groot wit blomme nie.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van indringerplante in Suid-Afrika
Bronnelys Butchart, Duncan: Natuurlewe van Suid-Afrika. Struik Nature. 2012. Plants on the World Online
Eksterne skakels http://www.invasives.org.za/invasive-species/item/218-queen-of-the-night-cereus-jamacaru.html
Kategorie:Indringerplante Kategorie:Flora van Brasilië Kategorie:Endemiese plante van Brasilië