Moltenodam is 'n klein, historiese dam wat in die De Waalpark in die voorstad van Oranjezicht, Kaapstad teen die laer helling van Tafelberg in Wes-Kaap, Suid-Afrika geleë is. Dit is in 1877 gebou en word nou nog gebruik.

Agtergrond en Konstruksie Oorspronklik is Kaapstad deur kanale, oftewel gragte met water, vanaf Tafelberg voorsien: vandaar die benaming van groot strate soos Buitengracht, Keizersgracht en Heerengracht. Dit was nodig om die kanale te bedek aangesien dit openbare gesondheidsrisiko's ingehou het. Die stadsraad het ooreengekom dat die stad se groei dit nodig gemaak het om 'n dam op die helling van Tafelberg te bou, om sodoende water uit bergbronne te stoor en te keer dat dit ongebruik na die see sou vloei.

Die dam se konstruksie het deel gevorm van 'n groot infrastruktuuruitbreidingsprojek wat deur Eerste Minister John Molteno begin is. Die dam is dus na hom vernoem. Hy het later die Kaap se eerste wateringenieur, Mnr. John Gamble, asook die burgemeester David Graaff aangestel. Kort na die dam se opening, is die eerste kragsentrale in Suid-Afrika, die Graaff Electric Lighting Works, ook vernoem na die burgemeester, langs die dam opgerig.

Die dam was veronderstel om meer as 50 000 000 gelling water in sanderige, porieuse klei op te gaar, wat van die begin van die projek 'n uitdaging vir ingenieurs was. Die eindproduk is jare later voltooi en het 'n mengsel van uitgrawing en messelwerk-ondersteunde walle ingesluit.

Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Geboue en strukture in Kaapstad