Die Koesjitiese tale vorm 'n tak binne die Afro-Asiatiese tale wat hoofsaaklik aan die Horing van Afrika (Somalië, Eritrea, Djiboeti en Ethiopië) sowel as die Nylrivier se vallei (Soedan en Egipte) en dele van die Groot Mere van Afrika (Tanzanië en Kenia) gepraat word. Dié taalgroep is ná Koesj, 'n figuur uit die Bybel genoem wat as voorvader van die tale se sprekers beskou word.

Die grootste tale (volgens moedertaalsprekers) is: Oromo (18 miljoen), Somalies (15 miljoen), Sidamo (3 miljoen), Afar (1,5 miljoen) en Beja (1,2 miljoen). Ethiopië is sedert 2020 die land met die meeste Koesjitiese ampstale, naamlik drie: Afar, Oromo en Somalies. Daarbenewens dien Somalies saam met Arabies as amptelike tale van Somalië en saam met Afar as een van Djiboeti se erkende nasionale tale.

duimnael|links|Verspreiding van Koesjitiese tale + Voorgestelde klassifikasie van Koesjities en sy onderafdelings Greenberg (1963) Newman (1980) Fleming (na-1981) Ehret (1995) Afro-Asiaties Koesjities Noord-Koesjities(gelyk aan Beja) Sentraal-Koesjities Oos-Koesjities Wes-Koesjities(gelyk aan Omoties) Suid-Koesjities Afro-Asiaties Koesjities (uitgesluit Omoties) Afro-Asiaties Omoties Erythraeaans Koesjities Ongota Nie-Ethiopies Beja Afro-Asiaties Koesjities Beja Agaw Oos-Suid-Koesjities Oos-Koesjities Suid-Koesjities Orel & Stobowa (1995) Diakonoff (1996) Militaref (2000) Ethnologue (2013) Afro-Asiaties Koesjities Omoties Beja Agaw Sidamies Oos-Laagland Rift Afro-Asiaties Oos-Wes-Afrasiaans Koesjities (sluit nie Omoties in nie) Afro-Asiaties Suid-Afrasiaans Omoties Koesjities Afro-Asiaties Koesjities Sentraal Oos Noord Suid

Verwysings

Bronne Lamberti, Marcello. 1991. Cushitic and its classification. Anthropos 86(4/6):552-561.

Eksterne skakels

Kategorie:Taalfamilies