duimnael|200px|’n Voorstelling van die standbeeld van Zeus.

Die Zeus-standbeeld van Olimpia was ’n standbeeld van ’n reusagtige, sittende figuur van sowat 13 meter hoogPhidias from encyclopædiabritannica.com. URL besoek op 3 September 2014 wat omstreeks 435 v.C. deur die Griekse beeldhouer Phidias gemaak is. Dit het in die Tempel van Zeus in die heiligdom Olimpia in Griekeland gestaan en het bestaan uit ivoor, goud en hout. Dit het die god Zeus voorgestel wat op ’n versierde sederhouttroon sit. Dit is beskou as een van die Sewe Wonders van die Antieke Wêreld totdat dit eindelik omstreeks die 5de eeu n.C. verwoes is.Statue of Zeus from encyclopædiabritannica.com. URL besoek op 22 November 2006

Geen namaaksel van die beeld is ooit gevind nie en besonderhede oor die voorkoms daarvan is slegs bekend danksy antieke Griekse beskrywings en voorstellings op muntstukke.Richter, Gisela M.A., "The Pheidian Zeus at Olympia" Hesperia 35 .2 (April–Junie 1966:166-170) ble. 166f, 170

Beskrywing duimnael|links|’n Munstuk van die Elis-distrik in Suid-Griekeland bevat ’n uitbeelding van die Zeus-standbeeld. Die groot standbeeld deur Phidias het die helfte van die gang van die tempel wat daarvoor gebou is, beslaan. Die geograaf Strabo het in die 1ste eeu v.C. gesê: "Dit lyk of Zeus die tempel se dak sal afstamp as hy sou opstaan."Alaa K. Ashmawy. The Seven Wonders: The Statue of Zeus at Olympia]." URL besoek op 2 Desember 2001.

Die standbeeld het bestaan uit ivoor- en goudpanele oor ’n houtraamwerk. Die reisiger uit die 2de eeu Pausanias het ’n gedetailleerde beskrywing gegee. Die standbeeld het ’n kroon opgehad wat van olyftakke gemaak was. Dit het goue sandale gehad en ’n goue kleed met ’n patroon van diere en lelies. In die regterhand was ’n beeldjie van Nike, die godin van oorwinning. In die linkerhand was ’n septer met ’n arend bo-op. Die troon was versier met ebbehout, ivoor, goud en edelstene.Pausanias, Description of Greece 5.11.1-.10). Aan Pausanias is vertel die skilderwerk op die troon was deur Phidias se broer, Panaenus.

Volgens legende is Phidias gevra wat hom geïnspireer het – of hy Berg Olimpus geklim het om Zeus te sien en of Zeus van die berg af gekom het sodat Phidias hom kon sien. Phidias het toe geantwoord sy inspirasie kom uit Homeros se Ilias (Boek 1, verse 528–530).

Verwoesting duimnael|So het Phidias se werkwinkel in Olimpia in 2005 gelyk.

Volgens die Romeinse historikus Suetonius het kesier Caligula opdrag gegee dat alle standbeelde van gode met ’n groot heilige of kunstige waarde, insluitende die een van Zeus in Olimpia, na Griekeland gebring word sodat hul koppe verwyder en met afbeeldings van sy eie kop vervang kon word.Suetonius, Gaius 22.2; vgl. Cassius Dio, 59.28.3. Voordat dit kon gebeur, is die keiser egter in 41 n.C. vermoor.

Die omstandighede van die standbeeld se vernietiging is onbekend. Volgens een historikus is dit na Konstantinopel geskuif, waar dit in 475 in ’n brand verwoes is. Of dit het in 425 saam met die tempel afgebrand.Richter, 1966, nota 1, aanhaling van Georgius Kedrenos, Historiarum Compendium §322c, in Corpus Scriptorum Historiae Byzantinae 34, vol. I, bl. 564. Ander meen dit is vroeër verwoes, in die 2de eeu.Lucian se dialoog ''Timon die Misantroop, vertaal deur H.W. Fowler en F.G. Fowler.

Verwysings

Eksterne skakels Colin Delaney, "A Wonder to Behold: The Statue of Olympian Zeus" Archaeopaedia: Standbeeld van Zeus met ’n bibliografie Michael Lahanas, "The colossal Zeus statue of Pheidias" History.com: "The Seven Wonders"

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Geskiedenis van Griekeland Kategorie:Sewe Wonders van die Antieke Wêreld Kategorie:Religieuse geboue en strukture Kategorie:Beeldhouwerke