Die sering (Melia azedarach) is 'n bladwisselende indringerplant en klein tot groot boom wat inheems aan Suidoos-Asië en Australië is. Dit kom feitlik oor die hele Suid-Afrika voor behalwe die westelike Noord-Kaap en staan ook bekend as die Maksering.

Voorkoms duimnael|links|'n Seringboom in Hawaii. duimnael|links|Bessies duimnael|links|Hout

Die boom kan tot 20 m hoog word en het verspreide takke en 'n geronde kroon. Die bas is rooibruin en glad. Die blare is saamgestel en varingagtig met getande groterige ovaal blaartjies. Hulle is blinkgroen aan die bokant en word geel in die herfs. Die lila blomme kom voor in digte, eindstandige hofies en is soetgeurig. Die bessies is ertjiegrootte en word bruin wanneer hulle ryp is. Dit word geëet deur loeries en ander voëls. Inname van ryp bessies deur mense kan lei tot braking, diarree, asemhalingsprobleme, bewerasies, en stuipe in kinders.

Indringerplant In Suid-Afrika is Meliea azedarach as 'n kategorie 1b-onkruid geklassifiseer, maar kategorie 3 in stedelike gebiede.

Bronnelys Plants of the World Online Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012

Verwysings

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van indringerplante in Suid-Afrika

Eksterne skakels

Kategorie:Indringerplante