Die trosden (Pinus pinaster) is 'n indringerplant en keëldraende boom wat tot 15 m hoog kan word. Dit groei in berg- en laaglandfynbos aan die suidkus van die Wes-Kaap. Die boom is deur vroeë setlaars in die Kaapse Skiereiland ingevoer; dit was aanvanklik aangeplant om watervloei van Tafelberg af te verbeter.
Die spesie staan ook as die pinasterden en die sparden bekend.
Voorkoms Die boom is groot, keëldraend en met 'n keëlvormige kroon. Die bas het duidelike donker groewe. Die naaldblare is in pare.
Verspreiding Die boom is inheems aan Algerië, Baleariese Eilande, Frankryk, Italië, Korsika, Marokko, Portugal, Sardinië, Sisilië, Spanje en Tunisië.
Infraspesies Die spesie het ook twee infraspesies: Pinus pinaster subsp. escarena (Risso) K.Richt. Pinus pinaster subsp. pinaster Pinus pinaster subsp. renoui (Villar) Maire
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van indringerplante in Suid-Afrika
Bronnelys Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 Plants of the World Online Biodiversityadvisor
Eksterne skakels
Kategorie:Indringerplante Kategorie:Pinus Kategorie:Flora van Algerië Kategorie:Flora van die Baleariese Eilande Kategorie:Flora van Frankryk Kategorie:Flora van Italië Kategorie:Flora van Korsika Kategorie:Flora van Marokko Kategorie:Flora van Portugal Kategorie:Flora van Sardinië Kategorie:Flora van Sisilië Kategorie:Flora van Spanje Kategorie:Flora van Tunisië