Dr. Herman Dirk van Broekhuizen (Rijssen, Overijssel, Nederland 17 Junie 1871 – Pretoria 4 Augustus 1953) was een van die vroegste spelers in ’n Suid-Afrikaanse nasionale rugbyspan (1896; die naam Springbokke is eers vanaf 1906 gebruik), ’n predikant in die Nederduitse Gereformeerde (1898–1917) sowel as die Nederduitsch Hervormde Kerk (1917–1925), ’n Volksraadslid (1925–1933), Suid-Afrika se spesiale gesant in Nederland en België (1933–1941) en ’n Afrikaanse taalstryder wat hom onvermoeid beywer het vir ’n Afrikaanstalige universiteit in Pretoria. Hy was ook ’n adviseur van die Afrikaanse Bybelvertaling van 1933.
Van Broekhuizen was ’n kleurryke en flambojante figuur wat reeds as jong man die wêreld deurreis het. Vermaak, Adinda. 2003. Kroniek van ’n kontrei. Die verhaal van die NG Kerk Kuilsrivier. Kuilsrivier: NG Kerkraad. As predikant was hy ’n omstrede figuur weens die politieke inslag van baie van sy preke. Sommige mense het beweer dat hy te veel van ’n politikus was om ’n goeie dominee te kon wees, en te veel van ’n dominee om ’n goeie politikus te kon wees. So het hy in 1899 met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog, pleks van aanbly in die NG gemeente Pretoria, waar hy sedert die vorige jaar hulpprediker was, die wapen opgeneem en by Danie Theron se Verkennerskorps aangesluit. Nadat hy in 1900 gevange geneem is, is hy tronkstraf opgelê en drie weke later uit Suid-Afrika verban en, hoewel hy ná die vrede toegelaat is om na die Kaapkolonie terug te keer, moes hy tot 1907 wag voor hy na Transvaal kon gaan. In 1914 het ’n vurige preek tydens die Maritz-rebellie daartoe gelei dat hy 18 maande tronkstraf opgelê is. Ná sy vrylating het hy oorgegaan na die Nederduitsch Hervormde Kerk omdat die kerk waarin hy en sy vader albei predikant was, volgens hom onbevredigend op die Rebellie gereageer het.
As politikus het hy gemengde welslae behaal. Sy emosies het glo in die pad gestaan en hy kon nooit leer om partypolitieke dissipline te aanvaar nie, want daarvoor was hy lewenslank te veel van ’n individualis. Jaarboek van de Maatschappij der Nederlandsche Letterkunde te Leiden, 1951–1953. 1954. Leiden: E.J. Brill. Die lief en leed van oom Paul se kleindogters. URL besoek op 29 September 2015.
Herkoms en skoolonderrig duimnael|170px|Ds. Hermanus van Broekhuizen, Herman van Broekhuizen se vader, was van 1882 tot sy dood op 23 Oktober 1894 die NG gemeente Ficksburg se tweede leraar. links|170px|duimnael|Johanna van Beest van Andel, Herman van Broekhuizen se moeder. Van Broekhuizen was die jongste van ds. Hermanus van Broekhuizen en sy vrou, Johanna van Beest van Andel, se vyf kinders. Albei sy ouers was Nederlanders van geboorte. Sy vader was met sy geboorte om gesondheidsredes tydelik in Nederland waar hy in Rijssen en Oosterbierum in die bediening gestaan het. So kon dit gebeur dat die jongste van die Van Broekhuizens se kinders in Nederland gebore is. Ná die gesin se terugkeer in Suid-Afrika was ou ds. Van Broekhuizen eers hulpprediker in die NG gemeente Winburg en toe van 1882 tot sy dood op 23 Oktober 1894 die NG gemeente Ficksburg se tweede leraar.
In dié uitgestrekte gemeente was die predikant sowat die helfte van die tyd afwesig op besoek aan die veraf wonende lidmate. Tog kon hy ook sorg vir die opvoeding van sy kinders en so kry Herman van Broekhuizen sy vroegste onderrig tot op die ouderdom van 12 by sy vader, en daarna op skool op Ficksburg en Senekal. Lewenslank het ds. Van Broekhuizen met groot waardering van sy ouerhuis gepraat. In die eenvoudige pastorie op Ficksburg is sy karakter gevorm. Die innige vroomheid van sy ouers het ’n stempel op sy lewe afgedruk. Op die togte wat hy as jong seun in die uitgestrekte gemeente saam met sy vader meegemaak het, het sy liefde gegroei vir die Vrystaatse natuur, vir die wye vlaktes en koppies, ook vir die grootse landskappe van Basoetoland, wie se grens net enkele kilometers van Ficksburg af geleë is. Hierdie liefde het hom sy lewe lank bygebly. Baie jare later, toe hy sy land in Nederland verteenwoordig het, kon hy in lewendige, sterk beeldende woorde die landskap van sy kinderjare teken.
Universiteit en sportprestasies
320px|duimnael|Maties se eerste rugbyspan van 1896 wat die eerste keer die Groot Uitdaagbeker gewen het. Herman van Broekhuizen sit tweede van links in die middelste ry. Nog sewe voornemende predikante is J.M. Hofmeyr, die kaptein, in die middel met die bal op sy skoot, C.A. Neethling, derde van links agter, P.K. Albertyn, vierde van links; M.S. Daneel, wat links in die middelste ry sit, en C.V. Nel, heel regs in dieselfde ry. Ebbe Dommisse sit links in die voorste ry en C.D. Murray langs hom. duimnael|links|320px|Die Holy Brigade, in 1896 die Victoria-kollege se heel eerste rugbytoerspan, so genoem omdat hulle nooit ’n druppel drank oor hul lippe laat gaan het nie. Agter: D. Kloppers, C.V. Nel, P.A. Bergh, H.D. van Broekhuizen, Paul de Waal, P.K. Albertyn, A.L. Hofmeyr, Ebbe Dommisse, C.A. Neethling, H.R. Kemsley. Middel: M.S. Daneel, H.J. Bergh, J.M. Hofmeyr (kaptein), D. Morkel, G. Chapman. Voor: A.M. McGregor, Piet de Vos, C. Gonin, P.A.M. de Vos. duimnael|160px|Herman van Broekhuizen as Maties-rugbyspeler. Op universiteit was sy bynaam "Broekies". Grey College Rugby Springboks. URL besoek op 30 September 2015. duimnael|links|320px|Die Suid-Afrikaanse nasionale rugbyspan wat in 1896 op Nuweland teen die besoekende span van die Britse Eilande met 5-0 gewen het, die eerste keer dat ’n Suid-Afrikaanse rugbyspan ’n internasionale wedstryd kon wen. Van Broekhuizen staan tweede van links. Dit was die eerste keer dat Suid-Afrika se rugbyspan in groen truie gespeel het en ook Van Broekhuizen se enigste toetswedstryd. duimnael|320px|Stellenbosch se eerste span van 1897, wenners van die Groot Uitdaagbeker en onoorwonne in die kompetisie. Agter: C.A. Neethling, P. de Waal, P.K. Albertyn, P.O. Nel, T.B. Herold. Middel: C.V. Nel, Van Broekhuizen, J.M. Hofmeyr (kaptein), D. Morkel, J. Pargiter. Voor: P.A.M. de Vos, A. Markötter, B. Newmark, Japie Krige.
Nadat hy die matrikulasie-eksamen aan Grey-kollege in Bloemfontein onder dr. Johannes Brill afgelê het, is hy na die Victoria-kollege vir verdere studie waar sy studentemaats hom gerespekteer en hy vele vriende gemaak het danksy sy jovialiteit en kameraadskaplikheid. Hierna het hy sy teologiese studie aan die Kweekskool voltooi. Enkele van sy meer behoudende dosente het hulle vererg oor sy liefde vir sport, maar op Stellenbosch het hy aan verskeie sportsoorte deelgeneem en Suid-Afrika in ’n span teen J. Hammond se toerspan van die Britse Eilande in 1896 verteenwoordig nadat hy net voor die vierde toets as plaasvervanger gekies is. So het hy in die eerste internasionale rugbytoets gespeel wat Suid-Afrika gewen het. Van die sowat 745 spelers (tot 2013) wat ’n toetswedstryd in die Groen-en-Goud gespeel het, is Van Broekhuizen al wat nooit in ’n Curriebekerwedstryd gespeel het nie. Some interesting Springbok trivia. URL besoek op 30 September 2015. Hy het ook die onderskeiding dat hy die eerste speler in ’n nasionale Suid-Afrikaanse rugbyspan was wat Grey-kollege van Bloemfontein opgelewer het. Middel 2015 was Grey met 44 spelers sedert 1906 (toe die span die eerste keer as Springbokke bekendgestaan het) tweede op die ranglys van skole met die meeste Springbokke naas Paul Roos Gimnasium met 48. Springboks by school. URL besoek op 30 September 2015.
Stellenbosch se jare lange rugbyafrigter A.F. (Oubaas) Markötter het Van Broekhuizen as een van die beste twee voorspelers beskou wat al ooit vir Suid-Afrika gespeel het. Op Stellenbosch het hy van 1893 tot 1898 vir die plaaslike rugbyspan gespeel en in 1895 en 1896 was hy onderkaptein. In laasgenoemde jaar en 1897 het hy vir die Westelike Provinsie se eerste rugbyspan uitgedraf en, soos reeds genoem, vir Suid-Afrika in 1896. Van sy spanmaats op Stellenbosch en/of vir die WP was (die latere di.) C.V. Nel, C.A. Neethling, M.S. Daneel en J.M. Hofmeyr. Hy was in 1896 ook lid van Stellenbosch se eerste rugbytoerspan, die Holy Brigade, wat dié naam gekry het omdat hulle nooit ’n druppel drank oor hul lippe laat gaan het nie. Nel, Neethling, Daneel en Hofmeyr was al vier ook lid van dié geskiedkundige span.
Buitelandse studiereis Nadat hy sy studie op Stellenbosch voltooi het, het hy ’n uitgebreide studiereis na Europa en Palestina onderneem in die geselskap van sy vriend (die latere ds.) C.A. Neethling. In Nederland het prop. Van Broekhuizen ’n tyd lank vertoef en bloedverwante besoek. Hy het hom met groot piëteit en nougesetheid ingeleef in die verskillende gemeentes waar sy vader predikant was. In Oosterbierum, sy vader se laaste Nederlandse standplaas, het die jong predikant voor die gemeentelede opgetree wat vir sy vader so ’n groot verering gehad het.
Van Nederland trek hy en Neethling deur Duitsland en Switserland na Italië. Daarna besoek hulle Griekeland en Palestina, wat ’n blywende indruk op prop. Neethling gemaak het. J.M.N. Breedt, ds. 1947. Gedenkboek van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Nieuwoudtville 1897–1947. Nieuwoudtville: NG Kerkraad. Hierna ontmoet hulle die Nederlandse skrywer Maarten Maartenz, wat hoofsaaklik in Engels geskryf het, met wie prop. Van Broekhuizen blywend in noue aanraking sou bly, nieteenstaande hul ingrypend uiteenlopende opvattings omtrent Engeland en die Britse kultuur. Oor Egipte het hulle deur die Rooisee weer na Suid-Afrika teruggekeer.
Hierdie reis was vir die vorming van die jong godgeleerde van die allergrootste belang. Daardeur is hy verhef bo die destyds enigsins beperkte geestelike horison van Stellenbosch. Hy het ’n breër visie gekry en het uitgegroei bo die kleinlikheid wat in die politiek van Suid-Afrika aan die einde van die 19de eeu so sterk gegeld het.
Tweede Vryheidsoorlog duimnael|links|185px|Ds. Van Broekhuizen omstreeks die Tweede Vryheidsoorlog. duimnael|300px|Van Broekhuizen het kort nadat die Driejarige Oorlog uitgebreek het by Danie Theron se Verkennerskorps aangesluit, maar is reeds op 13 Junie 1900 in Pretoria in hegtenis geneem en eindelik na Engeland verban. Hier nuttig van die lede van die korps middagete te velde, maar dis onwaarskynlik dat Van Broekhuizen op die foto verskyn. links|duimnael|270px|Pres. Paul Kruger se 77ste verjaardag in Utrecht, Nederland, 10 Oktober 1902. Van Broekhuizen sit derde van links in die tweede ry van voor. In 1898 is hy as hulpprediker van die NG gemeente Pretoria georden. Ds. Van Broekhuizen was een van die vurigste pleiters vir ’n nouer aansluiting tussen Transvaal, die Oranje-Vrystaat en die Kaapkolonie. Hy het beswaar gemaak teen die stelselmatige uitsluiting van Vrystaters en Kapenaars uit Transvaalse ampte en betrekkings, wat deur vele vooraanstaande mense in die ZAR voorgestaan is. Wat ds. Van Broekhuizen nie kon insien nie, was dat hierdie uitsluiting hoofsaaklik die gevolg was van gegronde vrese vir die gevaar van die verengelsing van Transvaal.
Pres. Paul Kruger het, hoewel hy lidmaat van die Gereformeerde Kerk was, die vurige jong predikant raakgesien en hom oor talle netelige vraagstukke geraadpleeg. Op die belangrike laaste sitting van die uitvoerende raad van die ZAR aan die vooraand van die Tweede Vryheidsoorlog het pres. Kruger Van Broekhuizen gevra om die verrigtinge met ’n gebed af te sluit, bewys van hoe hoog die jong hulpleraar in die hoofstad aangeslaan is. Toe die Volksraad op 9 Oktober 1899 besluit om sy ultimatum aan Groot Brittanje te stuur Anglo-Boer War Museum. Paul Kruger. URL besoek op 1 Oktober 2015. en iemand meer onder die illusie verkeer het dat oorlog vermy kon word nie, het hy sy trae volksgenote aangespoor om hul plig vir hul vaderland te doen.