Die silwerhakea (Hakea sericea) is 'n indringer boompie of struik wat voorkom aan die suidkus van die Wes- en Oos-Kaap. Die plant is endemies aan Australië en kan tot 5 m hoog word. Die plant is gewoonlik 'n veeltakkige, stekelrige struik met 'n gladde bas terwyl die jong takkies harig is. Die naaldagtige blare is donkergroen. Die vrug is 'n houtagtige kapsule met 'n gerimpelde oppervlak. Dit word gekweek as heinings of om duine te stabiliseer.
duimnael|links|Blomme duimnael|links|Vrugte
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van indringerplante in Suid-Afrika
Bronnelys Herselman, Mia e.a.: Die voorkoms en beheer van Hakea Sericea. Joubertina: Apperpium Landsdiensklub, Hoërskool McLachlan, 1992. Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012
Eksterne skakels
Kategorie:Hakea Kategorie:Indringerplante van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Australië Kategorie:Endemiese plante van Australië