Die Landbouwetenskappe-gebou op die Hatfieldkampus van die Universiteit van Pretoria, was die eerste gebou wat aan die oostekant van die kampus gebou is, en is geleë tussen die ou Christian Brothers' College en die Loreto Kloosterskool. Konstruksiewerk aan die Landbouwetenskappe-gebou is in 1968 begin, toe die Ou Landbougebou nie meer die toenemende studentegetalle kon akkommodeer nie. Dit is amptelik in Maart 1972 geopen deur die destydse Minister van Landbou, mnr DCH Uys.Universiteit van Pretoria: Kampusgebouegids, 2008, besoek op 29 September 2015
Verwysings
Kategorie:Universiteit van Pretoria