Buffalopark is 'n krieketstadion in Oos-Londen, Suid-Afrika. Dit is een van die tuisvelde van die Warriors-krieketspan (voorheen die Grens-krieketspan). Die stadion kan tot 15 000 toeskouers huisves.
'n Enkele toetswedstryd is vanaf 18 tot 21 Oktober 2002 hier aangebied (Suid-Afrika teen Bangladesj). Daar is egter reeds verskeie internasionale eendagwedstryde hier gespeel. Buffalopark is tydens die Krieketwêreldbeker 2003 vir drie wedstryde ingespan.
Die stadion was voorheen as die Mercedes-Benz Park bekend, danksy 'n borgskap deur dié Duits-Suid-Afrikaanse motorvervaardiger.
Wedstryde Krieketwêreldbeker 2003
Sien ook Lys van stadions in Suid-Afrika
Verwysings
Eksterne skakels Buffalo Park op ESPNcricinfo
Kategorie:Krieketstadions in Suid-Afrika Kategorie:Krieketwêreldbekerstadions Kategorie:Oos-Londen