Willowmoore-park is 'n veeldoelige stadion in Benoni, Suid-Afrika. Die stadion word meestal vir krieketwedstryde gebruik. Dit is in 1924 geopen en kan 20 000 toeskouers huisves.
Die IT-maatskappy Sahara borg die stadion. Vir die rede staan dit as die Sahara Willowmoore-park bekend.
Tydens die Krieketwêreldbeker 2003 is twee wedstryde hier beslis. Dit is ook tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2005 vir een wedstryd gebruik.
Wedstryde Krieketwêreldbeker 2003
Vrouekrieketwêreldbeker 2005
Sien ook Lys van stadions in Suid-Afrika
Verwysings
Eksterne skakels Willowmoore-park op ESPNcricinfo
Kategorie:Benoni Kategorie:Krieketstadions in Suid-Afrika Kategorie:Krieketwêreldbekerstadions Kategorie:Vrouekrieketwêreldbekerstadions