Die Boet Erasmus-stadion, later bekend as die OPRU-stadion, is 'n vervalle stadion in Somerstrand, Gqeberha, Suid-Afrika. Die stadion het 'n kapasiteit van 33 852 toeskouers gehad. Dit is na Boet Erasmus, 'n voormalige burgemeester van Port Elizabeth, genoem.

duimnael|links|'n Suid-Afrikaanse Klas 15AR 1842 by die Boet Erasmus-stadion Die stadion is meestal vir rugbywedstryde gebruik, maar is ook vir sokker ingespan. "OPRU" staan vir "Oostelike Provinsie Rugbyunie", so genoem na die Magtige Olifante (Oostelike Provinsie) wat die stadion vir Curriebeker-wedstryde gebruik het.

Die stadion was die beoogde tuisveld van die Southern Spears, wat in 2006 aan die Curriebeker sou deelneem om vir die Superrugby van 2007 voor te berei. Die Southern Spears is egter nie in een van hierdie kompetisies toegelaat nie.

Die stadion is in Julie 2010 amptelik gesluit. Die Oostelike Provinsie Rugbyunie het alle wedstryde na die nuwer en moderner Nelson Mandelabaaistadion verskuif. Die laaste wedstryd wat op die veld gespeel is, was 'n vriendskaplike wedstryd teen die Blou Bulle op 3 Julie 2010.

Ná die sluiting is die stadion steeds vir amateur- en klubrugby aangewend, maar dit is ook later laat vaar. Rondlopers en diewe het die stadion stadig maar seker afgetakel. Slegs die strukture van beton het staande gebly. Die stadion se eienaar, die plaaslike munisipaliteit, het die privaatsektor vir voorstelle genader om die grond te herontwikkel.

Wedstryde Rugbywêreldbeker 1995

DatumSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers26 Mei 199534–3Groep A18 00031 Mei 199527–11Groep A15 0003 Junie 199520–0Groep A31 000

Afrikanasiesbeker 1996

DatumSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers14 Januarie 19962–0Groep D8 00016 Januarie 19961–1Groep D1 00019 Januarie 19962–1Groep D1 00021 Januarie 19961–0Groep D50024 Januarie 19962–1Groep B18025 Januarie 19963–1Groep D1 00028 Januarie 19961–0Kwarteindrondte8 000

Internasionale wedstryde Rugby DatumSpan 1TellingTeam 2RondteToeskouers1955Oostelike Provinsie20–0Britse en Ierse LeeusToerwedstryd1955 Suid-Afrika22–8Britse en Ierse LeeusToetswedstryd1962Oostelike Provinsie6–21Britse en Ierse LeeusToerwedstryd1968Oostelike Provinsie14–23Britse en Ierse LeeusToerwedstryd1968 Suid-Afrika6–6Britse en Ierse LeeusToetswedstryd25 Mei 1974 Suid-Afrika9–26Britse en Ierse LeeusToetswedstryd55 00013 Junie 1974Oostelike Provinsie14–28Britse en Ierse LeeusToerwedstryd10 Mei 1980Oostelike Provinsie16–28Britse en Ierse LeeusToerwedstryd24 Mei 1997Oostelike Provinsie XV11–39Britse en Ierse LeeusToerwedstryd17 Junie 200629–15Toetswedstryd35 000

Sokker DatumSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers29 Julie 20000–12000 COSAFA Cup-halfeindrondte14 Junie 20032–1Vriendelike wedstryd28 00012 November 20062–3Nelson Mandela Challenge1 Junie 20080–1FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010-kwalifikasie30 000

Sien ook Lys van stadions in Suid-Afrika

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboue en strukture in Port Elizabeth Kategorie:Rugbystadions in Suid-Afrika Kategorie:Rugbywêreldbekerstadions Kategorie:Sokkerstadions in Suid-Afrika Kategorie:Sport in Port Elizabeth