Die boskoorsboom (Anthocleista grandiflora) is 'n immergroen boom wat in die Laeveld van Suid-Afrika voorkom. Dit is ook inheems in Burundi, Comore-eilande, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Kameroen, Kenia, Malawi, Mosambiek, Caprivistrook in Namibië, Rwanda, Soedan, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe.

Die boom is hoog, skraal, hoog op vertak en word tot 30 m hoog. Dit groei in bergwoudrande, beskutte klowe en rivieroewers. Die bas is liggrys en glad. Die blare is enkelvoudig, baie groot en aan takpunte saamgebondel. Hulle voorkoms is glansend donkergroen aan die bokant en ligter onder. Die vrug is 'n groen bessie ongeveer so groot soos 'n druiwekorrel. Vrugtevlermuise, loeries en neushoringvoëls vreet graag die vrugte. Die blomme is roomwit, tulpvormig en ruik na jasmyn. Blomme word gedra as vertakte, eindstandige trosse van September tot Januarie.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronnelys Natuurlewe van Suid-Afrika. Duncan Butchart. Struik Nature. 2012 REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Eksterne skakels

grandiflora Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Burundi Kategorie:Flora van die Comore-eilande Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Kameroen Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Rwanda Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe