Die sterkastaiing (Sterculia rogersii) is 'n dik- en meerstammige boom of struik. Dit kom voor in Limpopo en die Laeveld in Suid-Afrika. Dit is ook inheems in Botswana, Eswatini, Mosambiek en Zimbabwe. Die boom leef in klipbanke en koppies. Hulle word 2-5m hoog. Die boom is bladwisselend en dikwels vir lang tye blaarloos. Die bas is liggrys, skilfer af om pienk of geel kolle te ontbloot. Die blare is enkelvoudig, drielobbig, grysgroen bo en ligter en fluweelagtig onder. Die blaar vergeel eers voor hy val. Die blomme is groenerig pienk en in oorvloed vanaf Julie tot Januarie.
Die boom se FSA-nommer is 477.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Fotogalery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 Plants of the World Online REDLIST Sanbi
Eksterne skakels
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Sterculia Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe