Die aartappelbos (Phyllanthus reticulatus) is 'n skraal, meerstammige struik, klimplant of klein boompie wat in die Laeveld en ooskus van KwaZulu-Natal voorkom en dikwels ruigtes vorm. Dit kan tot 4 m hoog word. Die bas is rooibruin of grys en word met tyd veselrig en gegroef. Die blare is enkelvoudig, klein en afwisselend en midgroen. Hulle is ewe ver uitmekaar aan neerhangende takke gespasieer. Die geel blommetjies is onopvallend wat in trosse voorkom. Die boom het 'n sterk gaaraartappelgeur.

Die boom se FSA-nommer is 311.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

duimnael|links|Vrugte duimnael|links|Loof

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bron Butchart, Duncan: Natuurlewe van Suid-Afrika. Struik Nature. 2012

Eksterne skakels

Kategorie:Phyllanthus Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika