Die Knysna-dwergverkleurmannetjie (Bradypodion damaranum) is 'n verkleurmannetjie wat voorkom in die Knysna-omgewing se digte woude. 'n Kenmerk van die verkleurmannetjie is dat sy stert langer as die lyf is. Die wyfie word tot 'n maksimum van 18 cm lank en die mannetjies 16 cm. Die reptiel het 'n baie prominente helm (boggel op die nek) en is gewoonlik heldergroen van kleur met skakerings van pers, geel en pienk. Hulle is ovovivipaar.

duimnael|links|'n Knysna-dwergverkleurmannetjie in 'n mens se hand. duimnael|links|Mannetjie in 'n onderdanige kleur.

Verwysings

Bronne Knysna-bos se helder, unieke trapsuutjies. Beeld. 19 September 2015.

Eksterne skakels

Kategorie:Bradypodion dwergverkleurmannetjie