duimnael|Institusie van die Christelike godsdiens
Hierdie blad dien as 'n onkanonieke lys van vertalings in Afrikaans.
Probleme Selde word 'n duidelike antwoord verskaf waarom Afrikaanssprekendes so min vreemdetaalvertalings jaarliks uitgee.
Enkele aspekte wat wel tot hierdie "bevrore" tendens kan bydra is:
Heel gereeld is die boek van 'n vreemde taal reeds in Engels vryelik op die mark beskikbaar. Dit word ook as onsinnig beskou om uit Engels te vertaal indien die persoon wel by magte is om Engels te kan lees, veral by ontspanningsliteratuur. 'n Uitsondering is akademiese handboeke en ander leermateriaal.
Die tekort aan dééglike tweetalige woordeboeke in Afrikaans. Soms gebeur dit, soos by die Afrikaans-Franse woordeboek van 1950, dat die ontvangs nie so gunstig is nie, die belangstelling te min en die drukkoste te duur is. Pleks daarvan om op die ou weergawes te verbeter en uit te bou, loop die eksperimentele woordeboekmakery eenvoudig net dood. Goeie tweetalige woordeboeke kan juis die vertalerslus aanwakker.
Dikwels is die resensente van die vertalings eenvoudig nie opgewasse of geskool genoeg of eintlik by magte om 'n resensie oor 'n vertaling te lewer nie. 'n Resensie se hoofdoel kan wees om die gehalte vertalings te verbeter. Die Hollandse kritikus van die Afrikaanse en Nederlandse lettere, Rob Antonissen, skryf in sy resensie oor Uys Krige se Vir die fluit en die kitaar (1950), die volgende:
Nietemin stop hierdie waarskuwing nie akademici en die media om middelmatige resensies te skryf nie.
Een voorbeeld is resensies oor Fragmente uit die Ilias (2014). Die resensies van Taalgenoot,Taalgenoot. 2015. Oppirak: 'Fragmente uit die Ilias'. Somer-uitgawe, p. 24. Beeld, Joan Hambidge, Marlies Taljard en selfs Johan Thom in 'n vaktydskrif lewer slegs opsommings van die inhoud of die struktuur in Afrikaans. Die leser kan met geen sekerheid sê of die resensent enigsins Oudgrieks werklik magtig is nie, want daar is geen oortuigende aanhaling uit die oorspronklike teks nie. Die Burger voer slegs 'n onderhoud met die vertaler. Selfs al sou die vertaling Fragmente uit die Ilias "hoogaangeskrewe" en akkuraat ook wees, maak die resensente geen objektiewe of kundige uitlating oor die nuanse, idee-getrouheid, konteks, of kultuuroordrag van die Oudgriekse wêreld nie. Daar word nie 'n enkele sinsnede uit die oerteks aangehaal [hetsy in die oorspronklike of getranslitereerde Grieks] om hul redes mee te staaf nie.
Wat betref die resensie van die Afrikaanse Bokveld binnekort (uit Engels Apocalypse now-now deur Charlie Human), lyk sake skielik anders: Die vertaling uit Engels het beslis ook die storie beïnvloed: Dit is soms opvallend waar 'n idee of toneel bloot net beter in die oorspronklike taal sou gewerk het.Taalgenoot. 2013. Oppirak: 'Bokveld binnekort'. Lente-uitgawe, p. 23.
Die tekort aan internasionale taalvakkeuses op sekondêre skool. Die deursnit plattelandse hoërskool regoor Suid-Afrika bied hoofsaaklik net Engels en 'n ander inheemse taal aan, wat Afrikaans moontlik insluit. Die Afrikatale beskik nie almal oor 'n wye en groot verskeidenheid literatuur nie. Die internasionale tale is slegs by 'n uitgesoekte groepie skole beperk tot Frans, Duits, Portugees, Italiaans, Spaans en Mandaryns. Tale soos Hebreeus, Latyn, Oerdoe, Arabies, Hindi, Tamil, Goedjarati en Telugu word ook net by enkele skole aangebied.Nasionale Senior Sertifikaat-Eksamenrooster van 2015 Ander tale van belang, soos Koreaans, Japannees, Grieks, Russies, Indonesies, Maleisies, Persies, ens. moet dus buite die leerplan aangeleer word. Die gebrek aan veeltaligheid lei tot die eerste probleem wat uitgelig is: dat die oorheersende boekeaanbod in Engels op die Suid-Afrikaanse mark die Afrikaanssprekendes skugter maak om uit Engels te vertaal.
Die sluiting van tersiêre instellings se taaldepartemente weens 'n gebrek aan openbare belangstelling, of géldskieter. In 2015 sluit die Universiteit van Suid-Afrika sy Spaanse, Italiaanse en Russiese Departemente wat in die 1960's geopen is. Belangstellendes moet dus nou kommersiële aanleerpakette aankoop en outodidakties te werk gaan, alternatiewe plaaslike universiteite opsoek of by oorsese instellings gaan studeer.
Afrikaanse vryskutvertalers word grotendeels swak betaal vir die moeitevolle arbeid wat in die vertaalproses gesit word. Daarteenoor vergoed groter boekemarkte aansienlik beter in ontwikkelde lande, soos te sien in Duitsland, Frankryk en Nederland en die Nordiese lande. Die gevolg is dat die Afrikaanse vryskutvertalers op eie bodem dikwels die vertaalwerk soos 'n liefhebbery sal aanpak en nie getalgewys soveel boeke as moontlik probeer vertaal nie.
Daar is 'n duidelike versuiling op te merk tussen die akademiese wêreld en die hoofstroomuitgewery. Laasgenoemde is kommersieel ingesteld en keur boeke hoofsaaklik goed wat 'n hoë publikasie-, verkoop- en winssyfer sal meebring. Die Afrikaanse akademiese wêreld spits hul egter weer hoofsaaklik toe op die gehalte boeke, wat dikwels 'n beperkte lesertal het – hetsy die digkuns, hetsy dik boekdele rondom die wysbegeerte. In die verlede is hierdie akademiese of niefiksieboeke meermaal slegs eenmalig op duur drukkoste uitgegee, sonder 'n heruitgawe waar moontlike foute van vorige weergawes reggestel is, met die uitsondering indien die boek wel vir die voorskryfboekemark goedgekeur is. Jare kon verbygaan voordat die spesifieke boek op groot aanvraag weer herdruk word. Die uitgewers is egter heel skugter om verliese te ly, wat die vertaling van akademiese werke inperk.Rabie, J. 1984. Oor vertaling. In: Rabie, J. 1989. Buidel. Kaapstad: Human & Rousseau, bl. 83-86:
3. Uit 'n totaal van 2 032 nuwe Afrikaans titels daardie jaar (1982) lyk 310 vertalings nie sleg nie. Maar uit eie ondervinding vermoed ek dat maar bra min van daardie boeke van veel literêre waarde was. Uitgewers is gou om te sê: 'n Vertaling? Nee dankie. Kan nie voorgeskryf word nie. 'n Goeie boek? Nee dankie, nee dankie. Sal nie verkoop nie. Dit is dan ook 'n feit dat goeie werke in ons TV-eeu swak verkoop of dat die meeste klassieke meesterwerke alreeds in Engels of 'n ander Westerse taal gelees is. Wat dus nog by ons van oorsee af inkom, in vertaalde vorm, is veral populêre kitswerke, godsdienstige en jeugboeke.
4.Ons moet let op heelparty soorte vertalings:
a) Vertalings van eie werk. André P. Brink skryf sy romans glad al gelyktydig. My 21 en Mens-alleen het ek grotendeels in Engels geskryf en toe vertaal, terwyl ek my Bolandia-reeks self in Engels vertaal het. b) Roetine-kitsboeke soos bv. die populêre romans van Heinz Konsalik of Paul Berna. c) Internasionale kinderprenteboeke in baie kleure wat gelyktydig in dosyne tale elders gedruk word. d) Klassieke reeks in opdrag, bv. Wêreld-literatuur wat Bartho Smit vir Perskor geredigeer het. e) Werke wat mens uit liefde vertaal. Byvoorbeeld N. A. Blanckenberg se lewenstaak om sy geliefde Vergilius in Afrikaans te vertaal. Byvoorbeeld my eie vertalings van Daudet se Lettres de mon moulin en Ilias Venezis se Aioliki yi (Verlange na die hartland). Op eie risiko. Boeke wat nie verkoop nie.
11. Ek self het goed 40 boeke in Afrikaans vertaal, uit moderne Grieks, Duits en veral Frans. Goeie werke soos dié van Sartre, Daudet, Camus, Vercors en Ionesco en Bosco. Maar die merendeel was aangevraagde suksesboeke en populêre boeke.
12. Juis die goeie boeke moes ek uit liefde en op eie risiko vertaal. Dit was juis die groot uitgewers wat nie vir dergelike boeke kans sien nie, en die risiko aan kleiner uitgewers laat. Die koms van die e-boek kan wel hierdie probleem oorbrug. Internasionale boekwinkels soos Amazon.com en Google Play maak ook 'n internasionale mark oop vir Afrikaanse boeke wat wêreldwyd in sy oorspronklike vorm aanlyn gekoop en gelees kan word.
Dikwels is die motief duister presies waarom sekere werke vertaal word. Daar ontstaan die vraag of daar enigsins 'n behoefte is na die betrokke werk, of daar vir 'n "spookmark" vertaal word, of daar enigsins 'n mark kunsmatig geskep word, en veral wie die besluitnemer is: die voorgenome vertaler of die uitgewer?
Dikwels is die Afrikaanse vertalers sku om vorige "hinderlike" vertalings te korrigeer en weer uit te gee.
Party tekste vertaal swak wat oorspronklik swak geskryf is.Rabie, J. 1984. Oor vertaling. In: Rabie, J. 1989. Buidel. Kaapstad: Human & Rousseau, bl. 83-86:
9. 'n Goeie teks is 'n UITDAGING. Jy wil probeer om nog beter te kan. 'n Swak teks vertaal swak, maar Albert Camus vuur jou aan. Dis by vertaling wat jy swak kolle agterkom, en leer agterkom.
10. Vertaling is 'n uitstekende leerskool. Schopenhauer se beroemde frase: Soveel tale as ek kan, soveel male is ek man. Die vertaler leer bv. bondigheid en helderheid waardeer en self toepas.
Vertalings van klassieke werke word dikwels in Afrikaans eenmalig vertaal, maar bly nie lank in sirkulasie nie.
Party skrywers weier summier om hul werke vertaal te kry. Deels om mense juis rede te gee om bv. Afrikaans of Bretons te leer. As 'n leser 'n vertaalde werk lees, is dit glad nie te sê hy sal die oorspronklike werk in die oorspronklike taal wil lees nie. Die Afrikaanse / Bretonse skrywer sou dan bloot bv. die Engelse of Franse taal verryk; andersyds word 'n minderwaardiger vertaalde werk aan die anderstalige leser oorgedra, want party werke is bykans onvertaalbaar uit die oerteks.Rabie, J. 1984. Oor vertaling. In: Rabie, J. 1989. Buidel. Kaapstad: Human & Rousseau, bl. 83-86:
5. Party werke is moeiliker om te vertaal; daar is selfs werke wat onvertaalbaar genoem word.
8. Traddutore traditore? Is vertaler verraaier? Nee, as die vertaler albei tale goed ken.
14. Vertalings van eie werk:
Bolandia 3: Waar jy sterwe het maklik in Engels vertaal en had sukses; romantiese, algemene taal. Maar Bolandia 2: Die groot anders-maak, my mees geslaagde roman, was onverstaanbaar oorsee omdat die Hottentot-Afrikaans daarin onverstaanbaar elders is. In Engels bv. bestaan iets soos Rooihuid-Engels, maar Hottentot-Engels nie. Dit is dus 'n goeie teks wat nie vertaal kon word nie omdat dit té Afrikaans is.
15. En weet u, soms wil ek my teks eintlik onvertaalbaar hê. Ja, dis die gevoel wat ek soms oor my gekastyde taal kry. Om in 'n oorvol, oorluide, oorveralgemeende wêreld 'n klein hoekie onvervreembaar my eie te hê.
16. … En las seker ook by toekrampende ouderdom, of seergemaakte trots omdat my boeke nie méér aandag in oorsese vertalings gekry het nie. Hoe ook al, soms voel ek in my 'n intense behoefte om my Afrikaans vir myself te hou, om my boeke so verinnig, plaaslik, Afrikaans as moontlik te skryf dat hulle eintlik onvertaalbaar moet bly.
17. Miskien ook uit irritasie wanneer die soveelste eentalige neul: "Why don't you translate your book for Onrast?" Dit is juis op so 'n oomblik dat ek ook die beneukte blydskappie voel: Goed so, laat my boek so Afrikaans wees dat jy dit in Afrikaans moet lees. Is Poppie Nongena met sy heerlike babelsheid van taalgebruik nie mens-verwarmender as 'n naastenbye vertaling van 'n vertaling in een taal nie?
18. Wel, klink dit te negatief? Dalk wil ek maar net sê: Party skrywers hou nie daarvan om hul eie werk in 'n selfvertaling te herkou nie. Hulle verkies nuwe werk.