Die sterkbos (Terminalia prunioides) is klein, bladwisselende boom of somtyds ook 'n struik wat voorkom in Limpopo en Mpumalanga in Suid-Afrika. Dit is ook inheems in Angola, Botswana, Ethiopië, Kenia, Mosambiek, Namibië, Somalië, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.

Die boompie kan enkel of meerstammig wees. Dit groei in swak gedreineerde kleigrond of klipperige heuwelhange en word tot 8 m groot. Die bas is bruingrys en ouer bome s'n kan gegroef wees. Gepaarde of enkeldorings kom voor by die basis van die sytakkies. Die blare is enkelvoudig, in spirale aan die punte van die takkies. Massas wit blommetjies kom vanaf Oktober tot Januarie voor; die blommetjies is in are gerangskik. Die saadpeule is papieragtig en is helder pruimrooi.

Die FSA-nommer van die boom is 550.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 Plants of the World Online REDLIST Sanbi

Eksterne skakels

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Somalië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe