Die molslang (Pseudaspis cana) is 'n slang wat regdeur Suid-Afrika voorkom. Die slang word tot 150 cm lank. Die reptiel leef in alle habitats, asook landerye. Dit is 'n groot, diklywige slang met 'n kort, beitelvormige snoet. Die slang is gewoonlik ligbruin tot baksteenrooi terwyl die Kaapse ras pikswart is. Die onvolwasse slange het mooi taankleurige en swart patrone. Die slang is bedags aktief en vreet grawende diere soos duinemolle. Die slang is nie giftig nie maar die byt kan ernstig wees.
duimnael|links|'n Molslang in die Kgalagadi-vredespark. duimnael|links|'n Onvolwasse molslang in die Kgalagadi.
Bron Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012
Sien ook Alfabetiese lys van slange
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Slange