duimnael|links|'n Gedroogde sonneblomkop Helianthus is 'n plantgenus met omtrent 70 spesies, in die Asteraceae familie bekend as sonneblomme. Behalwe vir drie Suid-Amerikanse spesies, is die spesies van Helianthus inheems aan Noord Amerika en Sentraal-Amerika. Die mees bekende spesie is die gewone sonneblom (Helianthus annuus). Die en ander spesies, veral H. tuberosus, word in gematigde streke en sommige tropiese streke verbou, as voedselgewasse vir mense, beeste en pluimvee, en as sierplante.
Die spesies se ryp sade word ook geoes om sonneblomolie te vervaardig. Die olie word wêreldwyd as huishoudelike kookolie gebruik, en kan selfs as 'n deel van motorbrandstof dien.
Verwysings
Bronnelys van Wyk, Alta: Die veelsydige sonneblom. In: Suid-Afrikaanse Panorama. Jaargang 34, nr. 6, Julie 1989. ISSN 0491-4783
Eksterne skakels
Kategorie:Landbou