duimnael|regs|170px|Ds. A.C. Sephton, leraar van 1956 tot 1961. duimnael|regs|170px|Ds. T.H. Du B. Gouws, leraar van Hartbeeshoek van 1966 tot 1982. Hy het sy hele bediening in Pretoria deurgebring: Wesmoot van 1955, Onderstepoort van 1959, Hartbeeshoek van 199 en Akasia van 1982 tot hy sy emeritaat aanvaar het in 1991.

Die NG gemeente Hartbeeshoek was 'n gemeente in die Nederduitse Gereformeerde Kerk se Noordelike Sinode en in die Ring van Pretoria-Noord.

Die gemeente is gestig in 1955. In 1990 het die gemeente 1 076 doop- en 1 971 belydende lidmate gehad, in 1995 onderskeidelik 954 en 1 812 en in 2000 onderskeidelik 793 en 1 717, maar dis kort daarna ingelyf by die gemeente Wonderpark (gestig in 1989), wat in 2000 458 doop- en 952 belydende lidmate gehad het. In 2015 het Wonderpark (waarby Akasia ook intussen ingelyf is) 550 doop- en 2 490 belydende lidmate gehad. Die kerkgebou is geleë in Berglaan, Amandasig. Hartbeesboek se kerkgebou was in Orchards-Rosslynpad en Akasia s'n by Heatherdale 82, Akasia. Dié gemeente het in 2005 426 doop- en 1 129 belydende lidmate gehad.

Die charismatiese kerk Doxa Deo het in 2010 'n kontrak met die NG gemeente Wonderpark gesluit om die Akasia-gebou Sondagoggende te gebruik. Van 2013 af huur dié kerk die gebou voltyds. Die geskiedenis van die Doxa Deo Akasia Kampus . URL besoek op 12 September 2015.

Enkele leraars Alfred Clement Sephton, 1956 – 1961 Theunis Hendrik Du Buisson Gouws, 1966 – 1982 (waarna Akasia vanaf 10 Januarie 1982; blykbaar is Akasia die jaar vantevore van Hartbeeshoek afgestig.)

Bronne Symington, Johan (et. al.), Jaarboek van die NG Kerke, Tydskriftemaatskappy, Kaapstad, Pretoria en Wellington.

Verwysings

Sien ook Lys van ingelyfde NG gemeentes

Eksterne skakels Die kerkgebou van Hartbeeshoek huisves nou (2015) 'n Lutherse gemeente. Dis geleë op die hoek van Doreenstraat en Hultonlaan, Orchards. URL besoek op 12 September 2015. Die kerkgebou van die NG gemeente Wonderpark, Berglaan, Amandasig, soos te sien op Google Maps. URl besoek op 12 September 2015. Die kerkperseel van die destydse NG gemeente Akasia. URL besoek op 12 September 2015.

Kategorie:Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika