duimnael|250px|’n Kaart van Noord-Indië tydens die Vediese tydperk.
Die Vediese religie was in die Vediese tydperk, van omstreeks 1750 tot 500 v.C., die godsdiens van die Indo-Ariërs van Noord-Indië. Dit was ook bekend as Vedisme, Brahmanisme en Vediese Brahmanisme. Dit word soms ook antieke Hindoeïsme genoem omdat dit beskou word as die historiese voorloper van moderne Hindoeïsme, hoewel dit aansienlik daarvan verskil het.
Beskrywing Die Vediese liturgie is bewaar in die mantra-gedeelte van die vier Vedas, ’n groot aantal werke in Sanskrit. Die godsdienspraktyk het gesentreer om priesters wat rituele uitgevoer het vir die adellikes en ander ryk mense. Elemente soos vuur en riviere is aanbid, asook gode soos Indra. Gesange is gesing en offerandes gebring.
Daar was 33 devas, of gode, 11 elk van die aarde, ruimte en hemel.Singhal, K. C; Gupta, Roshan. The Ancient History of India, Vedic Period: A New Interpretation. Atlantic Publishers and Distributors. . P. 150. Daar was ook asuras, of antigode.
Die Vediese tydperk het omstreeks 500 v.C. geëindig en in die tyd hierna, omstreeks 800 tot 200 v.C., het verskeie ander religies ontstaan, soos Hindoeïsme, Djainisme en Boeddhisme.
Verwysings
Bronne
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Hindoeïsme Kategorie:Religie in Indië Kategorie:Religieuse geskiedenis Religie