Die Edel Agtvoudige Pad is een van die primêre leerstellings van Theravada-Boeddhisme. Dit word gebruik om insig in die ware aard van realiteit te kry en om begeertes, gulsigheid, haat en delusie te beëindig. Die Edel Agtvoudige Pad is die vierde van die Boeddha se Vier Edel Waarhede; die eerste element van die pad is weer om die vier waarhede te verstaan. Dit is ook bekend as die Middeweg. Deur dit te volg kan ’n mens ’n arhat word.
Die Mahayana-weergawe van die Edel Agtvoudige Pad is die Bodhisattva-pad, waardeur boeddhaskap behaal kan word.
Al agt elemente van die Edel Agtvoudige Pad begin met die woord "korrekte" (Sanskrit: samyañc; Pali: sammā). Dit dui op afhandeling en samehang, en dus "perfek" of "ideaal."Sien byvoorbeeld Allan (2008). Samma word ook vertaal as "heilsaam," "wys" en "bekwaam".
In Boeddhistiese simboliek word die Edel Agtvoudige Pad dikwels uitgebeeld met die dharmawiel (dharmachakra), waarvan die agt speke die agt elemente van die pad verteenwoordig. Die agt elemente word gewoonlik in drie afdelings verdeel:
Afdeling Faktor Sanskrit, Pali BeskrywingWysheid(Sanskrit: prajñā,Pali: paññā)1. Korrekte insigsamyag dṛṣṭi,sammā ditthiOm die werklikheid te sien soos dit is, nie soos dit lyk nie2. Korrekte bedoelingsamyag saṃkalpa,sammā sankappa Bedoeling van afstanddoening, vryheid en onskadelikheidEtiese optrede(Sanskrit: śīla,Pali: sīla)3. Korrekte redesamyag vāc,sammā vācaOm te praat op ’n eerlike manier wat ander nie seermaak nie4. Korrekte handelingsamyag karman,sammā kammantaOm so op te tree dat ander nie seerkry nie5. Korrekte lewensonderhoudsamyag ājīvana,sammā ājīva’n Nieskadelike beroepKonsentrasie(Sanskrit en Pali: samādhi)6. Korrekte inspanningsamyag vyāyāma,sammā vāyāma’n Poging om te verbeter7. Korrekte bewustheidsamyag smṛti,sammā sati’n Bewustheid om dinge te sien soos dit is;’n bewustheid van jou eie realiteit, sonder begeertes of afkerigheid8. Korrekte konsentrasiesamyag samādhi,sammā samādhiKorrekte meditasie of konsentrasie, wat verduidelik word as die eerste vier jhanas
Die faktore dui nie op "fases" wat die een ná die ander afgelê word soos op ’n gewone pad nie, maar is agt dimensies van ’n mens se optrede – geestelik en liggaamlik – wat onderling afhanklik werk en saam ’n volledige pad of lewenswyse definieer.Gethin, Rupert. Foundations of Buddhism. Oxford University Press, Oxford, 1998
Verwysings
Eksterne skakels The Noble Eightfold Path: The Way to the End of Suffering deur Bhikkhu Bodhi The Noble & Harmonious 8-Fold Path: The Way to Real Happiness deur Sayadaw Gyi Vimalaramsi Wings to Awakening: An Anthology from the Pali Canon deur Thanissaro Bhikkhu 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Boeddhistiese begrippe