duimnael|links|Die wiel van die lewe beeld die Twaalf Nidanas uit.

Pratityasamutpada, gewoonlik vertaal as afhanklike ontstaan, is die idee dat alle dharmas ("dinge") ontstaan afhanklik van ander dharmas. As dít bestaan, bestaan dát; as dít ophou bestaan, hou dát op bestaan. Dit is ’n pragmatiese lering wat toegepas word op dukkha en die beëindiging van dukkha.

Twaalf Nidanas Die term "pratityasamutpada" dui ook op die Twaalf Nidanas, die 12 skakels van afhanklike ontstaan, wat die ketting van gebeure beskryf wat tot hergeboorte lei asook die siklus van geboorte en die dood.Thanissaro, 1997a)Thanissaro, 1997b)Bodhi, 1995). Deur die ketting om te keer, kan bevryding, of verlossing van hergeboorte, behaal word.

Daar is ’n verband tussen die 12 kenmerke van die siklus, en elk gee aanleiding tot die volgende een: Avidya: onkunde, veral ’n spirituele onkunde oor die aard van realiteit; Samskaras: formasie, wat verwys na karma; Vijnana: bewustheid, veral onderskeid makend; Namarupa: letterlik naam en vorm, wat verwys na gees en liggaam; Sadayatana: die ses liggings van die sintuie: oog, oor, neus, tong, liggaam en brein; Sparaa: kontak, indruk of stimulasie (deur ’n sintuiglike voorwerp); Vedana: gevoel, dus of iets aangenaam, onaangenaam of neutraal is; Trsna: letterlik dors, maar in Boeddhisme beteken dit begeertes of verlangens; Upadana: vasklouing; dit beteken ook brandstof, wat die siklus van geboorte en die dood voed; Bhava: letterlik bestaan of word (die Theravada verduidelik dit as karma, wat ’n nuwe bestaan meebring, en die bestaan self); Jati: letterlik geboorte, hoewel die lewe in Boeddhisme by bevrugting begin; Jaramarana: (ouderdom en die dood) en ook soka, parideva, dukkha, domanassa en upayasa (hartseer, roubeklag, pyn, beproewing en wanhoop).

Mense ly deur die hele siklus van geboorte en die dood totdat hulle hulself bevry van dié lyding (dukkha) deur nirwana te behaal. Dan lei die afwesigheid van die eerste nidana – onkunde – tot die afwesigheid van die ander.

Verwysings

Eksterne skakels Pratityasamutpada in Eastern and Western Modes of Thought Maha-nidana Sutta Kamma & the Ending of Kamma The Doctrine of Paticcasamuppada by U Than Daing 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Boeddhistiese begrippe