Die savannevoëlslang (Thelotornis capensis) is 'n slang wat in die noorde van Suid-Afrika voorkom. Die slang is skraal en die kop is kenmerkend lansvormig. Die vel het ingewikkelde patrone wat baie goeie kamoeflering bied. Die reptiel flits sy tong aanhoudend; die tong is rooi met 'n swart punt. Hy kan ook sy keel opblaas wanneer hy gepla word. Die slang is bedags aktief en boomlewend. Hy leef van verkleurmannetjies, geitjies en voëltjies. Sy gif is hemotoksies en kan noodlottig vir mense wees. Dit staan ook bekend as die takslang.
duimnael|links|'n Savannevoëlslang duimnael|links|Die een is besig om iets af te sluk
Bron Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012
Sien ook Alfabetiese lys van slange
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Slange