duimnael|regs|190px|Dr. Servaas Hofmeyr Rossouw was van 1920 tot vroeg in die vyftigerjare agtereenvolgens leraar van die NG gemeentes De Nieuwe Kerk, Senekal, Albertinia, Swellendam en Maitland.
Dr. Servaas Hofmeyr Rossouw (Montagu, Saterdag Kalender vir die jaar 1890. URL besoek op 13 Maart 2016. 11 Januarie 1890 – Kaapstad, Maandag 11 Junie 1956) was ’n predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en die vader van Suid-Afrika se presidentsvrou Elize Botha.
Sy nasate onthou hom as werklik baie meelewend met sy gemeentelede en baie gelief, en dat hy eintlik sy tyd ver vooruit was. Hy was 'n diep denkende man, wat ook 'n studie – vanuit 'n Christelike perspektief – oor die hemelruim en astronomie gemaak het, buiten sy besondere kennis van die Bybel. Hy kon volgens oorlewering Grieks en Hebreeus vlot praat en word onthou as 'n intellektuele reus.Dié gegewens kom uit 'n e-posgesprek met sy klein dogter Rozanne Visagie, gebore Botha, gevoer op 6 September 2015.
Herkoms en opleiding duimnael|regs|200px|Die kerkgebou van die NG gemeente Albertinia is die oggend van 18 Junie 1904 ingewy en die gemeente in die namiddag van Riversdal afgestig. Hier was dr. Rossouw leraar van 1926 tot 1930.
Rossouw was die seun van Daniel Hendrik Rossouw van die plaas Eikeverbly, Montagu. Hy matrikuleer op sy tuisdorp en gaan na Stellenbosch vir voorbereidende studie waarna hy in 1914 na Princeton in die VSA vertrek. Ná sy proponentseksamen daar het hy na die Universiteit van Chicago gegaan en sy M.A.-graad dar behaal. Op aanbeveling van prof. dr. B.B. Wakefield is hy toe na Louisville, Kentucky, waar hy met die onderskeiding van magna cum laude doktor in die godgeleerdheid gepromoveer het onder die toe wêreldbekende prof. dr. A.T. Robertson met ’n proefskrif getiteld The authorship of the Book of Acts.
Ná sy promosie in Amerika is hy na Amsterdam in Nederland waar hy aan die Vrije Universiteit en die Universiteit van Amsterdam sowat ses maande klas geloop het, onder andere onder dr. Bavinck, dogmatikus. In dié tyd het dr. Rossouw talle beroepe na die buiteland ontvang, maar het verkies na sy vaderland terug te keer en het so op Dingaansdag (16 Desember) 1919 in Kaapstad geland.
Kort ná sy legitimasie het hy twee beroepe ontvang: die een na die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap in Johannesburg en die ander na die De Nieuwe Kerk, Kaapstad. Hy het hom die tweede laat welgeval. Nadat hy dié beroep aangeneem het, is hy op 5 Maart 1920 in die huwelik bevestig met mej. Hester Duvenage, dogter van mnr. en mev. A.P.C. Duvenage, van Middelburg, Kaap.
Tamboerskloof duimnael|links|230px|De Nieuwe Kerk, waarin dr. Rossouw in 1921 die eerste Afrikaanse diens gehou het.
Op 28 Mei 1920 is hy toe in De Nieuwe Kerk bevestig as volger van dr. E.E. van Rooyen, wat later ’n vertaler van die Bybel in Afrikaans sou wees. Nie minder nie as 27 predikante het deelgeneem aan die handeoplegging.
Tot omstreeks dr. Rossouw se dienstyd is nog net Hollands en Nederlands van die NG Kerk se kansels gehoor. Afrikaanse jong mense landwyd het anders begin voel en hulle vir die bevordering van hul moedertaal beywer, ook in die kerk. So het ’n groep van 160 studente aan die Universiteit van Kaapstad dan dr. Rossouw en die kerkraad in 1921 genader met die versoek om by wyse van proefneming ’n aanddiens in Afrikaans te hou. Die kerkraad het daartoe ingestem en volgens die telling deur die diakens het sowat 600 mense die eerste Afrikaanse diens in De Nieuwe Kerk bygewoon. Die studente wat dié versoek gerig het, was onder andere Frans Erasmus, latere minister van verdediging, Johan Conradie, later regter-president en speaker van die volksraad, asook Chris Viviers, hoof van die opleidingskollege op Graaff-Reinet.
Senekal Verwelkoming duimnael|regs|230px|Die NG kerk Senekal waarin dr. Rossouw die Woord van 1921 tot 1926 bedien het.
Ná 'n kort dog seer geseënde bediening in sy eerste gemeente, het dr. Rossouw 'n beroep na Senekal in die Vrystaat aanvaar. Van sy bevestiging hier lees het ’n onbekende Hollandse dagblad onder meer soos volg berig: “Die bevestiging van dr. Rossouw Saterdag en Sondag 10 en 11 Desember 1921 sal gedenkwaardige dae bly in die geskiedenis van die gemeente van die NG. Kerk te Senekal. Met die aanneming van die beroep na Malmesbury deur ds. H. Pienaar het die gemeente vakant geraak, en wie kon droom dat die vakature so spoedig en so gelukkig sou opgevul word. Dr. S.H. Rossouw van die Nuwe Kerk, Kaapstad, het hom die beroep hierheen laat welgeval, en werd verwelkom op Saterdag deur 'n groot en geesdriftige menigte, nieteenstaande die stortreëns wat byna die hele week geval het.
“Op Ventersburgweg (die latere Hennenman) is die nuwe leraar met sy gade en geselskap afgehaal per motor deur die heer Jan Pretorius en Nicholas Oosthuizen, en het toe op Schaapplaats die nag geslaap. 'n Kommando perderuiters, onder leiding van mnr. Carl Triegardt van Gordonia, het die geselskap 'n paar myl buite die dorp ontmoet. Vanaf Ventersburgweg was dit net reën en water en modder, gevolglik was die aankoms te Senekal 'n goeie drie uur ná die bepaalde tyd. By die bepaalde plek buitekant die dorp het 'n vloot van motors gewag, maar weens die reën het die mense langsamerhand teruggekeer dorp toe en daar gewag totdat die kerkklok die aankoms aangekondig het.
“Gelukkig by die aankoms te Senekal het die weer opgeklaar sodat die verrigtings in die opelug voor die pastorie kon plaasvind. Dr. Rossouw en gade is binnegelei deur ouderling John Bell na verwelkoming van die diaken-burgemeester, C.M. van der Merwe, en onder toesing van 'n lied deur die kinders van die Sondagskool. Daar die bevestiging om drie uur moes plaasvind en dit reeds laat was, het dr. Rossouw slegs 'n kort toespraak gehou en veral 'n woord van dank gerig aan die perdekommando, wat hulle so laat moed skep het op die gebeurtenisvolle reis deur water en modder. In die namiddag om drieuur was die NG kerk stampend vol. Daar was teenwoordig di. Steyn (Rosendal), Reyneke (Vrede), H. Pienaar (Malmesbury), Kloppers (Rietfontein), Esterhuizen (De la Rey) en P. de Klerk (Mosselbaai).
“ 'n Ruime aantal telegramme is ontvang van leraars van elders, gelukwensing uitsprekende en ook hul spyt om nie te kan teenwoordig wees nie (weens die reën). Die bevestigingsrede is gehou deur ds. P. de Klerk van Mosselbaai, wat spesiaal oorgekom het vir die geleentheid, daar 'n hegte hand van vriendskap bestaan tussen hom en dr. Rossouw, wat gelê is gedurende hul studiejare in Amerika. Sy weleerw. het tot teks geneem Esegiël 33:7. ‘Gij nu, o mensenkind! Ik heb u tot een wachter gesteld over het huis Israëls; zo zult gij het woord uit Mijn mond horen, en hen van Mijnentwege waarschuwen," en die verdeling was as volg (1) Die betekenis van die benaming ‘wachter’. (2) Die roeping van die evangeliedienaar. (3) Die uitwerking van sy bediening. Die preek was 'n meesterstuk van welsprekendheid, gelewer in deftige Nederlands, ernstig, boeiend en paslik.
“Onmiddellik ná die diens het die resepsie plaasgevind voor die stadshuis, waar die volgende adresse aangebied is: van die kerkraad, die Vrouesendingbond, die Vroue-Helpmekaar, kinders van die Sondagskool, die kinders van die dagskool, die stadsraad en Senekal Free Church. Verskillende toesprake is gelewer en intussen het die Senekal-blaasorkes onder die leiding van ds. H. Pienaar pragtige musiek gemaak. In seer gepaste woorde het die nuwe leraar die groot skaar toegespreek en sy dank en waardering namens homself en sy gade betuig. Deur die dogtertjie van mnr. Danie Kirchner is mev. Rossouw 'n pragtige ruiker aangebied.
“Op Sondagmôre het dr. Rossouw sy intreepreek gelewer. Sy weleerw. het tot teks geneem 1 Kor. 4:1 en 2: ‘Alzo houde ons een ieder mens, als dienaars van Christus, en uitdelers der verborgenheden Gods. En voorts wordt in de uitdelers vereist, dat elk getrouw bevonden worde,’ waarvan die hoofgedagte was (1) die predikant as dienaar van Christus en uitdeler van die verborgenhede Gods, (2) die vereiste van die amp. Die preek het 'n geweldige indruk gemaak.
“Dr. Rossouw is besiel met die erns van sy roeping, en sy prediking word gekenmerk deur vurige ywer. Sy blanke opregtheid straal uit 'n jeugdige gelaat at die indruk gee van innige vroomheid. Ofskoon so jonk is, is hy reeds skitterend as kanselredenaar. Senekal kan sig dubbel en dwars gelukkig ag en ongetwyfeld is die gemeente baie in sy skik met die nuwe Ieraar.
“Sondagmiddag het ds. H. Pienaar 'n woord van vertroosting tot die gemeente gerig. Menig traan werd in die stilte gestort. Die liefderyke band tussen hom en die gemeente is nog ewe warm as voorheen. Na afloop van die diens het ds. Steyn van Rosendal 'n woord van vermaning tot die kinders gespreek. Op Saterdagaand het ds. Esterhuizen, swaer van dr. Rossouw, 'n ernstige boodskap tot die gemeente oorgebring. Die preek het gegaan oor ‘storms op die see van die lewe’. Sondagaand het ds. Kloppers van Rietfontein, as konsulent afskeid geneem van die gemeente en hulle seer gestig deur sy ernstige woord. Ds. Kloppers het hom baie verdienstelik gemaak gedurende die vakature en die gemeente is hom grote dank verskuldig."
Sy bediening op Senekal duimnael|regs|320px|Dr. S.H. en mev. Hester Rossouw toe hy leraar was van die NG gemeente Senekal met hul twee oudste kinders. Die dogtertjie is Elize en die seuntjie die later adv. Servaas Rossouw.
links|320px|duimnael|Die kerksaal op Senekal waarvan dr. Rossouw die deur op 31 Oktober 1925 oopgesluit het.
duimnael|links|320px|Die boukommissie van die NG kerksaal op Senekal. Staande: S. Schutte, L. van den Heever, N. Pretorius, W. van Coller, N. Grobbelaar, G. Schoeman. Suttende: Z. Koekemoer, J. du Preez, dr. Rossouw, G. Joubert, W. Grobbelaar.
Dr. Rossouw se vyfjarige bediening te Senekal was van die begin 'n ryklik geseënde, waarvan beide die stoflike en geestelike bloei en welvaart van die gemeente getuie is. Onder sy voorsitterskap van die Skoolkommissie en Skoolraad is die publieke skool vergroot met nege klaskamers en het die eerwaarde kerkraad die meisieskoshuis twee maal laat vergroot tot die sierlike en doeltreffende gebou wat dit later was. Die kerk self is ook ruimskoots vergroot met addisionele galerye. Tydens sy bediening het die susters van die gemeente die stoele voor en op die preekstoel aangekoop en is die bekleedsel op die kansel vernuut. Die geld daarvoor is versamel deur 'n besonder suksesvolle konsert (oumense) onder leiding van mev. dr. Rossouw. Aan die orrel is 'n belangrike verbetering deur die Kerkraad aangebring en op die kansel en ’n Bybel en gesangboek van historiese betekenis geplaas.
Hiervan maak die volgende berig in die Kerkbode melding: “By die môrediens het dr. Rossouw bekend gemaak dat die Kanselbybel – wat deur wyle mev. Van de Venter gegee is – onder voorwaarde gegee is dat dit ná haar dood aan haar seun sou terugval, en dat die seun dit nou opgeëis het. Reeds by die middagdiens was daar 12 aanbiedings vir 'n Kanselbybel, en aangesien mnr. en mev. Frederik Goosens die eerste was om namens die familie Goosens 'n Bybel en gesangboek te gee is, dit met dank aangeneem."