Rachelle Greeff (*31 Augustus 1957, Belville -) is 'n Afrikaanse joernalis en skrywer. Haar eerste boek, Die rugkant van die bruid, wat in 1990 gepubliseer is, is met die CNA se debuutprys bekroon. Sy het daarna verskeie boeke geskryf en ook verskeie pryse daarvoor ontvang, veral vir haar kortverhale. Haar verhale is in verskeie bloemlesings opgeneem, en sommige is selfs in Duits, Nederlands, Deens en Engels vertaal.Rachelle Greeff, StellenboschWriters.com, besoek op 31 Augustus 2015 Haar eerste drama, Die Naaimasjien, wat deur Sandra Prinsloo opgevoer is, was ook besonder suksesvol.Rachelle Greeff, lapa.co.za, besoek op 31 Augustus 2015
Lewe en werk Rachelle Nelia Greeff is op 31 Augustus 1957 in BellvilleEsat: http://esat.sun.ac.za/index.php/Rachelle_Greeff gebore as die jongste kind en enigste dogter van Thys Greeff en Lida de Villiers. Sy het twee ouer broers, Frederik Christoffel en Albertus. Op driejarige ouderdom word sy siek van ’n virus en moet daarna weer van vooraf leer om te loop. Sy begin haar skoolloopbaan aan die Bellville-Noord Laerskool, waarna die gesin na die suidelike voorstede van Kaapstad verhuis. Haar vader is hier skoolhoof van Westlake en Kirstenhof Laerskool, by laasgenoemde tot met sy aftrede. By hierdie skole bring sy die res van haar laerskooljare deur en matrikuleer dan aan die Hoërskool Zwaanswyk in Retreat. Vanaf 1976 studeer sy verder aan die Universiteit van Stellenbosch, waar sy ’n B.Drama-graad en ’n B.A. Honneurs-graad in Joernalistiek (laasgenoemde met lofNB-Uitgewers: http://www.nb.co.za/authors/972 ) behaal. Reeds op universiteit publiseer sy gedigte in Penseel en in die universiteit se jaarblad en sy is ook betrokke by die studentekoerant Die Matie.
Na universiteit werk sy vanaf 1980 eers by die NG Kerk-Uitgewers onder Berta Smit en daarna as verslaggewer en subredakteur by Die Burger, as joernalis by Huisgenoot en as redakteur van die maatskappy BP se drie bedryfstydskrifte. Van 1986 af is sy voltydse vryskut-medewerker van publikasies soos Sarie, De Kat, Wynboer en Mail & Guardian,Goodreads: http://www.goodreads.com/author/show/1845435.Rachelle_Greeff terwyl sy ook kopie vir direkte bemarking vir die reklamemaatskappy Louis Sinclair en Genote skryf. In 1999 verower sy die M-Net-beurs wat haar in staat stel om die M.A.-graad in Skeppende Skryfkuns (met lof) aan die Universiteit van Kaapstad te voltooi, met ’n roman Spieël in ’n raaisel (later gepubliseer onder die titel Hanna) as deel van die kursus.
By geleentheid tree sy op as begeleier in Sanlam se Aanlyn Skryfskool en in 2005 word sy aangestel as boekeredakteur by Rapport. Sy besoek Nederland in April 2008, waar sy onder andere in Het Zuid-Afrika Huis optree. Sy behartig vanaf 2014 ’n skryfkursus vir voornemende skrywers by die skryfskool van die Breytenbach-sentrum op Wellington, nadat sy in 2013 ’n soortgelyke kursus by die Taalmonument buite die Paarl aangebied het.
Uit haar eerste huwelik (waarna haar van verander na Cillié) word twee seuns, Ferdinand en Albertus, gebore. Sy trou vir die tweede keer in 1995, hierdie keer met die prokureur Louis de Villiers en die gesin vestig hulle in Claremont in Kaapstad.
Skryfwerk
Kortprosa Sy is primêr bekend as kortverhaalskrywer wat verskeie bundels publiseer. In haar verhale verken sy veral die posisie van die vrou in ’n man gedomineerde wêreld, waarin daar ’n groter bewustheid is van geslagspolitieke kwessies. Die fokus word ook op die liggaamlikheid van die vrou geplaas, met die gevolg dat die vleeslike stereotipes en taboes rondom die vrou afgebreek word. Naas die postmodernistiese gebruik van dokumente is dit veral haar perspektiefwisseling wat opval, wat die suggestie, onderspeling en skerp waarnemingsvermoë van meeste van haar verhale aksentueer.
In haar oeuvre lei Die rugkant van die bruid die oorheersende tema van die vrou se posisie in die samelewing in. Die verhale behandel die vrou se onderdanige posisie teenoor die man in die samelewing en dinge waaroor daar nie gepraat word nie, soos die fisieke en emosionele pyn van ’n vrugafdrywing, die angs wat met ’n mastektomie gepaardgaan, die vrees vir nagtelike verkragters en geweldenaars en die skaamte oor verlies aan blaasbeheer. Hierdie motiewe word gekoppel aan eensaamheid, gebroke verhoudings en die hunkering na kontak en intimiteit, sodat dit ook groter en meer universele omvang aanneem. Die breër sosiale problematiek word ook aangedurf.Pakendorf, Gunther. Die Burger, 5 Julie 1990Pieterse, H.J. Rapport, 23 Desember 1990 Die rugkant van die bruid verower in 1991 die CNA Debuut-prys en word in 1990 genomineer vir die Rapportprys.
Met Onwaarskynlike engele word die tema van die vrou in haar daaglikse taak en vasgevang in haar eie liggaamlikheid voortgesit, maar speel die bewustheid van die siek gemeenskap waarin sy leef ’n groter rol. In hierdie gemeenskap lewe die mense in ’n ruwe wêreld, ver verwyder van die glans en utopie wat deur die media as ideaal voorgehou word. ’n Deurlopende tema is kos en die eet daarvan, wat ten nouste vervleg word met die verhaal-inhoud, op beide fisiese en sielkundige vlak. Verder word die kontras tussen die onskuldige kinderwêreld en die werklikheid van geweld en verval in die grootmenswêreld wat hulle moet betree, in etlike verhale vanuit die perspektief van ’n verwagtende moeder belig.Grové, Henriette. Insig, September 1993Kannemeyer, J.C. Rapport, 26 September 1993Kannemeyer, J.C. Op weg na 2000. Tafelberg-Uitgewers Beperk Eerste uitgawe 1998
Merke van die nag se titel verwys na die letsels van emosionele geweld binne verhoudings, waar liefde en ondersteuning doelbewus weerhou word wanneer dit die meeste benodig word en merke laat. Die verhale sentreer veral rondom vrouefigure en hulle geskiedenisse, met dood, verganklikheid en verlies as deurlopende temas, terwyl temas soos bloedskande, depressie, die impak van siekte en erotiek ook aangespreek word.Roodt, P.H. Beeld, 29 Oktober 2001 In 2002 ontvang Merke van die nag die RAU-prys.
Palazzo van die laaste dans handel soos die titel aandui oor dans en dansers, waar dans hoofsaaklik ’n manier en simbool word om aan die werklikheid te ontvlug. Deur middel van die dans word pyn, verwonding, verlies sterfte en rou uitgebeeld. Die dans word per geleentheid ’n dodedans (die laaste dans van die titel) en die bundel se temas sluit in die dood en sosiale kwessies soos ras, geslagtelike identiteit en ander aktuele sake binne die hedendaagse stadsbestaan. Die vertellers in die verhale is meestal vroue met ’n vroeëre betrokkenheid by dans, wat met woorde trag om die onsegbaarheid van die bewegings en lyne van die dans te kommunikeer.Beukes, Marthinus. Tydskrif vir Letterkunde, Jaargang 44 no. 2, Lente 2007Bezuidenhout, Zandra. Insig, November 2006Smith, Francois .Rapport, 29 Oktober 2006Van Vuuren, Helize. Beeld, 22 Januarie 2007
Die naaimasjien en ander stories bevat tien kortverhale en bevestig Greeff se posisie as een van Afrikaans se voorste kortverhaalskrywers. Sy slaag daarin om die onbenullige met betekenis in te klee en die verhale bestaan gereeld uit oënskynlik onbelangrike gebeure wat agterna beskou ’n ingrypende invloed op die karakters uitgeoefen het. In ’n aantal herinneringsverhale kry die detail ekstra trefkrag deur beskrywing met treffende beelde. Die openingsverhaal is Al wat ek sien, waarin die verteller se eksentrieke tante Nan onthou word. Die titelverhaal verskyn reeds in 2008 in Die Burger se By en het reeds bekendheid verwerf deurdat dit omskep is in ’n drama en regdeur die land met groot sukses opgevoer is. Die 81-jarige Magdaleen maak haar Bernina-naaimasjien gereed sodat die nuwe eienaar dit kan kom haal. Terwyl sy die naaimasjien voorberei, roep sy verskeie insidente in haar lewe op vanaf haar kindertyd as plaaskind tot haar getroude jare met Tielman en hul vier kinders. Dit word ’n persoonlike kroniek van ’n hele leeftyd met sy geluk, verlies, verlange en versoening, asook ’n weerspieëling van haar belewenis van die politieke geskiedenis van haar tyd. Verskeie verhale verken ook die erotiek. Die liefdesverhaal Uil en Kaatjie is ’n hoogtepunt met sy sprokieselemente en poëtiese aard. “Stasie” en “Patrys se open plan” is verder noemenswaardig, met laasgenoemde se karakterisering wat veral doeltreffend is. Op intertekstuele wyse word verskeie skrywers en figure betrek, met Op die rug van baie ganse wat agterin die bundel ingesluit word as ’n ode aan al die bronne wat die skrywer geïnspireer het en leidrade bevat na die funksie van die bronne in die verhale. Die intertekstuele inhoud doen egter nie afbreek aan die toeganklikheid van die verhale nie, maar verdiep slegs die inhoud.Ferreira, Jeanette. Rapport, 29 November 2015Botha, Frederick J. Beeld, 29 November 2015
Spektakels en mirakels bevat ’n keur uit haar rubrieke vir Sarie se agterbladMischke, Anne-Marie. Rapport, 15 November 1998Booyens, Hannelie. Beeld, 17 Mei 1999 en in Alles behalwe die geheim van my whiskies bundel sy rubrieke wat hoofsaaklik in Die Burger en Rapport verskyn het.Viljoen, Louise. Rapport, 17 Mei 2008Harper, Susanne. Beeld, 7 April 2008
In 2005 wen sy met die verhaal Swiets in Rhodesië die Stellenbosse Woordfees, Protea Boekhuis en LitNet se nasionale kortverhaalkompetisie.Brand, Gerrit. Greeff wen met kortverhaal. Die Burger, 10 Februarie 2005 Die Sanlam letterkundeprys in 1999 vir ’n gepubliseerde Engelse kortverhaalKorrespondent. Rachelle Greeff wen Sanlam-letterkundeprys. Beeld, 8 Julie 1999Hough, Barrie. Afrikaanse skrywer wen prys vir Engels. Rapport, 11 Julie 1999 sedert 1997 word aan Tell him it is never too late (opgeneem in die versamelbundel The torn veil) toegeken en hierdie verhaal word ook genomineer vir die Caine Prize for African Literature in 2003. Die verhaal handel oor menslike verhoudings, kinderloosheid en die kwesbaarheid van ouer mense en is in Afrikaans ook later opgeneem in Merke van die nag.
Versamelbundels Haar verhale verskyn in tydskrifte en bloemlesings in Denemarke, België, die Nederlande en die Verenigde State van Amerika en word ook opgeneem in verskeie plaaslike versamelbundels, waaronder The torn veil, Veerkrag, Vrouevertellers, Borde, borde, boordevol, Vuurslag, Die mooiste liefde is verby, Vonkfiksie, Op hulle stukke, Vrou: Mens, Dogters van Afrika, Eeu, Vertellers 2, Like a house of fire, Africa, At the rendezvous of victory, Lyfspel / Bodyplay, ’n Rooie met ratte, Pa en Die wond en ander verhale. Haar werk word ook in Nederlands, Duits, Deens en Engels vertaal.
As samesteller is sy in 1994 verantwoordelik vir die versamelbundel oor erotiese prosaEsaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Greeff,_Rachelle Lyfspel / Bodyplay.Diedericks, Erla-Mari. Die Burger, 14 Desember 1994
Romans en ander prosa