Kassapa Boeddha, bekend as Kāśyapa in Sanskrit, is een van die antieke Boeddhas wie se biografie voorkom in hoofstuk 24 van die Boeddhavamsa, een van die boeke van die Pali-kanon.

Volgens die Theravada-Boeddhistiese tradisie is Kassapa die 27ste van die 29 Boeddhas wie se naam bekend is, die 6de van die Sewe Boeddhas van die Antieke Tyd, en die derde van die vyf Boeddhas van die huidige kalpa.

Die huidige kalpa word die bhadrakalpa ("Gunstige Eon") genoem. Die vyf Boeddhas van dié eon is: Kakusandha Koṇāgamana Kassapa Gautama (die huidige Boeddha) Maitreya (die toekomstige Boeddha)

Verwysings

Skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Boeddhas