Anna Wilhelmina Rothmann (1904–2000) was 'n Afrikaanse skrywer en die dogter van M.E.R.Museumboekie nou ook in Engels vertaal, Die Burger, 27 Mei 1994 Sy het jeugboeke en een historiese boek geskryf, asook vertaalwerk in Afrikaans gedoen. In 1972 is die Scheepersprys vir Jeugliteratuur aan haar toegeken vir Klaasneus-hulle. 'n Afdeling van die uitstalruimte in die Albany Museum is in 1980 na haar vernoem.Anna Rothmann, stellenboschwriters.com, besoek op 31 Augustus 2015

Biografie Anna W. Rothmann is in 1904 in Swellendam gebore. Haar ma was die bekende skrywer, M.E.R. (Maria Elizabeth Rothmann) en haar pa die skoolhoof, Herbert Charles Gordon Oakshott. Sy studeer aan die Universiteit van Stellenbosch en behaal in 1924 haar BSc-graad, in 1926 haar Sekondêre Onderwysdiploma en in 1931 haar MSc-graad.

Rothmann was 'n lektrise aan die Paarlse Opleidingskollege. Gedurende 1938 ontvang sy 'n Carnegie-beurs om by 'n museum in Chicago te studeer. Vanaf 1936 tot 1954 was sy die skoolorganiseerder by die Albany Museum in Grahamstad. Van 1954 af was sy by die Drostdy Museum in Swellendam werksaam. Hier het sy ook navorsing oor die geskiedenis van die omgewing gedoen en 'n boekie oor die Republiek van Swellendam saamgestel.

Sy is op 6 Oktober 2000, op 96-jarige ouderdom, oorlede.Dogter van MER sterf op 96, Die Burger, 7 Oktober 2000

Bibliografie Die Drostdy van Swellendam (medeskrywer saam met haar ma, M.E.R.) Klaasneus-hulle, Tafelberg Uitgewers, 1964, Kraai-hulle, Tafelberg Uitgewers, 1965, Kriek-hulle, Tafelberg Uitgewers, 1979,

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1904 Kategorie:Sterftes in 2000