Die gewone blikslanertjie (Cacosternum boettgeri) is 'n padda wat in die grootste gedeelte van Suid-Afrika behalwe die noordweste van die Noord-Kaap voorkom. Die padda is 2 -3 cm lank en het 'n gesette lyf met 'n kleur wat wissel van smaraggroen tot dofbruin. Strepe, vlekke en kolle kan ook op die padda voorkom. Die pens is wit met donker kolle op. Dit leef in vogtige of oorstroomde grasveld of seisoenale reënpoele. Die padda is veral aktief na reën. Hulle leef van klein insekte.

Bron Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012

Eksterne skakels

Kategorie:Paddas