In die Sumeriese mitologie was Ninhursag (, Ninḫursag of Ninkharsag)[King, L. W., Hall, H. R., History of Egypt Chaldea, Syria, Babylonia, and Assyria in the Light of Recent Discovery, p. 117, The Echo Library, 2008.]Jastrow, Morris., The religion of Babylonia and Assyria, Morris Jastrow, Ginn & Co., 1898.Douglas Van Buren, Elizabeth., Clay figurines of Babylonia and Assyria, pp. 1, 19, 267, AMS Press, 1980.Possehl, Gregory L., Ancient cities of the Indus, bl. 126, Carolina Academic Press, 1979. die vrou van die god Enki en ’n moedergodin van die heilige berge. Sy is een van die sewe hoofgode van Sumer en hoofsaaklik ’n vrugbaarheidsgodin. Tempelgesange identifiseer haar as die "ware en groot dame van die hemel" (moontlik vanweë haar staanplek op die berge), en konings van Sumer is "gevoed deur Ninhursag se melk".

Sy het baie name gehad, soos Ninmah ("groot koningin"); Nintu ("dame van geboorte"); Mamma of Mami ("moeder"); Aruru, Belet-Ili (dame van die gode) ensovoorts.

Volgens legendes is haar naam van Ninmah na Ninhursag verander deur haar seun Ninurta om sy skepping van die berge te gedenk.

Verwysings

Michael Jordan, Encyclopedia of Gods, Kyle Cathie Limited, 2002.

Eksterne skakels Antieke Mesopotamiese gode en godinne: Moedergodin (Ninmah, Nintud/r, Belet-ili) "Gateways of Babylon": Enki en Ninhursag 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Mesopotamiese godinne