Die Grumman G-21 Goose is 'n amfibiese vliegtuig wat deur Grumman ontwerp is om as 'n agt-sitplek pendelvliegtuig vir sakemanne in die Long Island area te dien. Die Goose was Grumman se eerste enkelvlerkvliegtuig om te vlieg, sy eerste tweeling-enjin vliegtuig, en sy eerste vliegtuig om in kommersiële lugrederydiens te tree.
Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die Goose 'n doeltreffende vervoermiddel vir die Amerikaanse Gewapende Magte (insluitend die Amerikaanse Kuswag) geword, sowel as by vele ander lugmagte. Tydens die oorlog het die Goose in 'n toenemende aantal gevegs- en opleidingsrolle betrokke geraak. Die aanpasbare vliegtuig se diens het in na-oorlogse gebruik voortgeduur.
Kategorie:Militêre vliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog