Floruit (IFA: , afgekort fl. of soms flor.), is ’n Latynse woord wat "hy het floreer" beteken. Dit dui die tydperk aan waarin iemand gelewe het of aktief was. In Afrikaans kan die woord as 'n selfstandige naamwoord gebruik word om die tydperk aan te dui wanneer iemand "floreer" het.
Bron Floruit is die 3de persoon perfektum van die Latynse werkwoord floreo: "om te bot, blom", van die Latynse selfstandige naamwoord flos, floris, "’n blom".Cassell se Latynse Woordeboek
Verwysings
Kategorie:Latynse uitdrukkings