Joshua Mqabuko Nyongolo Nkomo (19 Junie 1917Jessup, John E. An Encyclopedic Dictionary of Conflict and Conflict Resolution, 1945–1996. bl. 533. – 1 Julie 1999) was die stigter en leier van die Zimbabwean African People's Union (ZAPU), asook 'n lid van die Ndebele (Kalanga)-stam.Hill, Geoff. The Battle for Zimbabwe: The Final Countdown, 2003. bl. 52.

Nkomo was 'n vakbondleier, wat die president van die verbode Nasionale Demokratiese Party geword het, en is vir tien jaar deur Rhodesië se destydse wit regering tronk toe gestuur. Ná sy vrylating het ZAPU tot die val van die regering bygedra, maar in konflik met die mededinger ZANU-groep gekom, wat deur Robert Mugabe gelei is. Net na 'n omstrede samesmelting tussen ZAPU en ZANU, moes hy uit vrees vir sy lewe die land uit vlug.

Hy het verskeie byname gehad, onder andere "Umafukufuku", "Vader Zimbabwe" en "Chibwechitedza", die gladde rots.

Verdere naleeswerk Joshua Nkomo with Nicholas Harman, Nkomo: The Story of My Life (outobiografie), 1984; , . The Zimbabwe African People's Union 1961–1987: A Political History of Insurgency in Southern Rhodesia. Terence O. Ranger, ‘"Nkomo, Joshua Mqabuko Nyongolo (1917–1999)", Oxford Dictionary of National Biography, Oxford University Press, 2004. besoek op 18 Junie 2006

Verwysings

Kategorie:Vakbondleiers Kategorie:Zimbabwiese politici Kategorie:Ministers van Binnelandse Sake Kategorie:Ndebeles Kategorie:Geboortes in 1917 Kategorie:Sterftes in 1999 Kategorie:Alumni van die Universiteit van Suid-Afrika