Die grootbrulpadda (Pyxicephalus adspersus) is 'n padda wat voorkom in die binneland van Suidelike Afrika. Die padda se lengte wissel van 15 – 20 cm en is olyfgroen en die pens is oranjegeel. Hy bly ondergronds in die droë winter maar kom na swaar somerreën uit om tydelike panne in die grasveld te beset. Sy roep is 'n diep, stadige brul. Sy getalle is besig om te daal in die Hoëveld. In Engels staan die padda bekend as die African bullfrog.
raamloos|links|'n Grootbrulpadda op 'n grasperk duimnael|links|Onderkant
Bronnelys Kruger, Elfriede: Die Paddaprins. In: Suid-Afrikaanse Panorama. Jaargang 36, nr. 2, Maart/April 1991. ISSN 0491-4783 Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012
Eksterne skakels
Kategorie:Paddas