Sanherib (Akkadies: Sîn-ahhī-erība, "Sin het (verlore) broers vir my vervang"; 705–681 v.C.) was ’n koning van Assirië. Hy was die seun van Sargon II en het hom opgevolg. Hy was die vader van Esarhaddon en oupa van Assurbanipal.
Besonderhede Sy naam is geskryf as mdSîn-aḫḫēmeš-eri4-ba.Grayson, Albert Kirk. Assyrian and Babylonian Chronicles, 1975, bl. 127. Hy was ook bekend as Sennacherib.
Sanherib word veral onthou vir sy militêre veldtogte teen Babilon en Juda en sy bouprogramme, veral in sy hoofstad, Nineve. Sy grootste kommer tydens sy bewind was die "Babiloniese probleem", die weiering van die Babiloniërs om Assiriese heerskappy te aanvaar, wat gelei het tot sy verwoesting van Babilon in 689 v.C. Verdere veldtogte is in Sirië-Palestina uitgevoer, wat opgeneem is in die Bybelboek 2 Konings, asook in die berge oos van Assirië, teen die koninkryke van Anatolië en teen die Arabiere in die Noord-Arabiese woestyne.
Sanherib was ook ’n ywerige bouer en onder hom het Assiriese kuns ’n hoogtepunt bereik. Hy het Nineve verfraai, ’n kanaal van 50 km lank laat bou om water na die stad te bring, en ’n enorme paleis laat bou wat die prototipe van die legendariese Hangende Tuin van Babilon kon bevat het.
Sanhrib is in 681 v.C. in vreemde omstandighede vermoor, blykbaar deur sy oudste seun. (Sy aangewese opvolger, Esarhaddon, was die jongste.) Sy dood is in Babilon beskou as ’n goddelike straf vir sy verwoesting van dié stad.
Verwysings
Bronne
Eksterne skakels Seldsame stele van Sanherib. Prisma van Sanherib Die moordenaar van Sanherib deur Simo Parpola Sanherib se inval in Juda deur Craig C. Broyles Ondersoek van Sanherib deur Jack Taylor 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Konings van Assirië Kategorie:Mense in die 7de eeu v.C. Kategorie:Mense in die 8ste eeu v.C. Kategorie:Monarge uit die Hebreeuse Bybel Kategorie:Sterftes in 681 v.C.