Boknesstrand is 'n kusdorpie aan die Indiese Oseaan in die Oos-Kaapprovinsie van Suid-Afrika.
Dit is naby aan die dorpies Kenton-on-Sea en Cannon Rocks en die grens met die Groter Addo-Olifant Nasionale Park. Dit is 135 km oos van Gqeberha en 180 km wes van Oos-Londen geleë. Die Boknesrivier mond hier uit in die Indiese Oseaan. duimnael|links|Chaenostoma roseoflavum, een van die stinkbossies, is 'n komponent van die lokale duinplantegroei. Die klein aromatiese struike is gewild by tuinbouers.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap