Die Partiese Ryk of Parthiese Ryk (247 v.C. - 224 n.C., ook bekend as die Arsakidiese Ryk)Van die Griekse Ἀρσάκης Arsakēs, van die Partiese 𐭀𐭓𐭔𐭊 Aršak was ’n groot politieke en kulturele mag in Persië (antieke Iran).Brosius, Maria (2006), The Persians: An Introduction, Londen & New York: Routledge, Laasgenoemde naam is afgelei van Arsakes I van Partië, wat die ryk in die middel 3de eeu v.C. gestig het toe hy die streek Partië in Noordoos-Iran verower het. Dié was toe ’n satrapie (provinsie) van die Seleukidiese Ryk wat gerebelleer het.
Mitridates I (bewind: omstreeks 171-132 v.C.) het die ryk grootliks uitgebrei deur Medië en Mesopotamië van die Seleukiede te verower. Op sy hoogtepunt het die Partiese Ryk gestrek van die noorde van die Eufraat, in wat vandag Sentraal-Oos-Turkye is, tot die hedendaagse Afganistan en Wes-Pakistan. Die ryk, wat aan die Syroete tussen die Romeinse Ryk in die Mediterreense bekken en die Han-dinastie van China geleë was, het ’n groot handelsentrum geword.
Die Parters het die kuns, argitektuur en geloof van die Perse, Grieke en streekkulture aangeneem. Vir sowat die eerste helfte van sy bestaan het die Arsakidiese hof elemente van die Griekse kultuur aangeneem, maar later was daar ’n herlewing van Irannese tradisies. Die Arsakidiese heersers het die titel "koning van konings" gehad as deel van hulle aanspraak dat hulle erfgename van die Irannese Achaemenidiese Ryk is. Namate hulle mag toegeneem het, het die magsetel geskuif van Nisa na Ktesifon aan die Tigris (suid van die hedendaagse Bagdad in Irak), hoewel ander stede ook as hoofstad gedien het.
Die Parters se vroegste vyande was die Seleukiede in die weste en die Skitiërs in die noorde. Namate Partië egter weswaarts uitgebrei het, het hulle gebots met die Armeniërs en eindelik die laat Romeinse Republiek. Rome en Partië het met mekaar meegeding om die konings van Armenië, wat tussen hulle gelê het, te onderwerp. Die Parters het die Romeine in 53 v.C. verslaan en in 40-39 v.C. het Partiese magte die hele Levant behalwe Tirus van die Romeine afgeneem. Marcus Antonius het ’n teenaanval op Partië geloods, hoewel sy suksesse oor die algemeen in sy afwesigheid behaal is onder die aanvoering van sy luitenant Ventidius. Verskeie Romeinse keisers of hul generaals het Mesopotamië ook in die volgende paar eeue binnegeval.
Gereelde burgeroorloë tussen aanspraakmakers op die Partiese troon het gevaarliker blyk te wees as buitelandse invalle. Die Partiese mag het afgeneem nadat Ardasjir I van die Sassanidiese dinastie in opstand gekom het teen die Arsakiede en hul laaste heerser, Artabanus IV, in 224 oorwin en vermoor het. Ardasjir het die Sassanidiese Ryk gestig wat oor Iran en ’n groot deel van die Nabye Ooste geheers het tot met die Moslemse verowerings van die 7de eeu n.C., hoewel die Arsakidiese dinastie in kleiner streke voortgeleef het.
Partiese bronne, wat in Parties, Grieks en ander tale geskryf was, is skaars in vergelyking met Sassanidiese en selfs vroeëre Achaemenidiese bronne. Benewens ’n paar tablette in wigskrif, fragmente van potte, rotsinskripsies, muntstukke en ’n paar perkamentrolle, is ’n groot deel van Partië se geskiedenis net bekend uit eksterne bronne. Dit is hoofsaaklik Griekse en Romeinse geskiedenisgeskrifte, maar ook geskrifte van China. Partiese kunswerke word deur historici beskou as ’n geldige bron om die aspekte van die gemeenskap en kultuur te verstaan wat in teksbronne ontbreek.
Geskiedenis Oorsprong en stigting thumb|220px|Die silwerdragme van Arsakes I (bewind omstreeks 247-211 v,C.) met die Griekse inskripsie van sy naam.
Voordat Arsakes I die Arsakidiese Dinastie gestig het, was hy opperhoof van die Parni, ’n antieke Sentraal-Asiatiese stam van die Irannese volke en een van verskeie nomadiese stamme in die konfederasie van die Dahae.; ; ; Die Parni het waarskynlik ’n Oos-Irannese taal gepraat, in teenstelling met die Wes-Irannese taal wat in dié tyd in Partië gepraat is.; Laasgenoemde was ’n noordoostelike provinsie, eers onder die Achaemenidiese Ryk en daarna die Seleukidiese Ryk.; Nadat hulle die streek verower het, het die Parni Parties as die amptelike taal van die hof aanvaar en dit gepraat saam met Middelpersies, Aramees, Grieks, Babilonies, Sogdies en ander tale in die veeltalige streke wat hulle verower het.;
Dit is onseker hoekom die Arsakidiese hof 247 v.C. terugwerkend as die eerste jaar van die Arsakidiese tydperk gekies het. A.D.H. Bivar meen dit was die jaar waarin die Seleukiede beheer oor Partië afgestaan het aan Andragoras, die aangestelde satraap wat teen hulle in opstand gekom het. Dus het Arsakes I "sy bewindsjaar terugdateer" na die oomblik toe die Seleukidiese beheer oor Partië geëindig het. Vesta Sarkhosh Curtis beweer egter dit was bloot die jaar waarin Arsakes hoof van die Parni-stam geword het. Homa Katouzian en Gene Ralph Garthwaite dink dit was die jaar waarin Arsakes Partië verower en die Seleukidiese owerhede uitgedryf het; tog beweer Curtis en Maria Brosius dat Andragoras nie voor 238 v.C. deur die Arsakiede verslaan is nie.
Dit is onduidelik wie Arsakes I se onmiddellike opvolger was. Bivar en Katouzian sê dit was sy broer Tiridates I, wat weer in 211 v.C. deur sy seun Arsakes II opgevolg is. Curtis en Brosius beweer egter Arsakes II was Arsakes I se onmiddellike opvolger. Curtis beweer die opvolging was in 211 v.C., terwyl Brosius beweer dit was in 217 v.C. Bivar dring daarop aan dat 138 v.C., die laaste bewindsjaar van Mitridates I, "die eerste presies vasgestelde bewindsjaar in die Partiese geskiedenis" was. Weens hierdie en ander teenstrydighede sit Bivar twee aparte koninklike chronologieë uiteen wat deur historici aanvaar word.
thumb|links|300px|Partië (geel), die Seleukidiese Ryk (blou) en die Romeinse Republiek (pers) omstreeks 200 v.C. Arsakes het vir ’n tyd sy posisie in Partië en Hirkanië gekonsolideer deur voordeel te trek uit die inval van die Seleukidiese gebied in die weste deur Ptolemeus III Euergetes van Egipte (bewind: omstreeks 246-222 v.C.). Dié konflik met Ptolemeus, die Derde Siriese Oorlog (246-241 v.C.), het Diodotos I ook in staat gestel om te rebelleer en die Griekse Koninkryk Baktrië in Sentraal-Asië te stig. Laasgenoemde se opvolger, Diodotos II, het ’n vennootskap met Arsakes teen die Seleukiede aangegaan, maar Arsakes is tydelik uit Partië verdryf deur die magte van Seleukos II (bewind: 246-225 v.C.). Ná ’n tyd in bannelingskap het Arsakes ’n teenaanval geloods en Partië herower. Seleukos II se opvolger, Antiochos III, kon nie dadelik reageer nie omdat sy troepe besig was om die rebellie van die satraap Molon in Medië te onderdruk.
Antiochos III het wel in 210 of 209 v.C. ’n enorme veldtog geloods om Partië en Baktrië terug te wen. Hy was onsuksesvol, ondanks ’n paar oorwinnings, maar kon ’n vredesooreenkoms met Arsakes II sluit. Laasgenoemde het die titel "koning" (Grieks: basileus) gekry in ruil daarvoor dat hy Antiochos III as sy meerdere aanvaar.; ;
Die Seleukiede kon nie verder in Partiese sake inmeng nie vanweë groter indringing deur die Romeinse Republiek en die Seleukiede se neerlaag by Magnesië in 190 v.C. Priapatius (bewind: omstreeks 191-176 v.C.) het Arsakes II opgevolg, en Fraates I (bewind: 176-171 v.C.) het eindelik die Partiese troon bestyg. Hy het sonder verdere Seleukidiese inmenging oor Partië regeer.;
Uitbreiding en vereniging thumb|220px|’n Dragme van Mitridates I wat hom uitbeeld met ’n baard en koninklike diadem (sirkel juwele) op sy kop. Keersy: Herakles/Verethragna wat ’n knuppel in sy linkerhand en ’n beker in sy regterhand vashou. Die Griekse inskripsie lui: ΒΑΣΙΛΕΩΣ ΜΕΓΑΛΟΥ ΑΡΣΑΚΟΥ ΦΙΛΕΛΛΗΝΟΣ, "van die groot koning Arsakes die Grieksgesinde".
Fraates I het Partië se beheer volgens geskrifte tot verby die Poorte van Alexander uitgebrei en Apamea Ragiana beset. Die ligging van albei dié plekke is onbekend. Die grootste uitbreiding van Partiese mag en grondgebied het egter plaasgevind tydens die bewind van sy broer en opvolger, Mitridates I (bewind: omstreeks 171-132 v.C.), vir wie Katouzian vergelyk met Kores die Grote, stigter van die Achaemenidiese Ryk.
Die betrekkinge tussen Partië en die Grieks-Baktriese koninkryk het ná die dood van Diodotos II versleg nadat Mitridates se magte twee gebiede beset het van die koninkryk, wat toe deur Eukratides I van Baktrië regeer is.; Mitridates het Medië in 148 of 147 v.C. binnegeval en Ekbatana beset; die streek is kort tevore gedestabiliseer deur die Seleukidiese onderdrukking van ’n rebellie.; ; Dié oorwinning is gevolg deur die Partiese verowering van Babilonië in Mesopotamië, waar Mitridates in 141 v.C. muntstukke by Seleukië laat munt en ’n amptelike inhuldigingseremonie laat hou het.; ; ; ; Terwyl Mitridates na Hirkanië teruggetrek het, het sy magte die koninkryke Elymais en Charakene onderwerp en Susa beset. Teen dié tyd het die Partiese mag tot so ver oos as die Indusrivier gestrek.;
Hoewel Hekatompilos die eerste Partiese hoofstad was, was Mitridates se koninklike wonings in Seleukië, Ekbatana, Ktesifon en sy nuut gestigte stad, Mitradatkert (Nisa), waar die graftombes van die Arsakidiese konings gebou en onderhou is. Ekbatana het die somerwoonplek van die Arsakidiese koninklikes geword.; Ktesifon was dalk nie die amptelike hoofstad voor die bewind van Gotarzes I (bewind: 90-80 v.C.) nie.; Volgens Brosius het dit die plek van die kroningseremonies en die figuratiewe stad van die Arsakiede geword.
Die Seleukiede kon nie dadelik weerwraak neem nie, omdat generaal Diodotos Trifon in 142 v.C. ’n rebellie by die hoofstad Antiogië aangevoer het. Teen 140 v.C. het Demetrios II Nikator ’n teenaanval teen die Parters in Mesopotamië geloods. Ondanks vroeë suksesse is die Seleukiede verslaan en Demetrios self is deur Partiese magte gevange geneem en na Hirkanië gebring. Daar het Mitridates die gevangene met groot gasvryheid onthaal; hy het selfs sy dogter Rodogune met Demetrios laat trou.; ;
Antiochos VII Sidetes, ’n broer van Demetrios, het die Seleukidiese troon bestyg en met laasgenoemde se vrou, Kleopatra Tea, getrou. Nadat hy Diodotos Trifon verslaan het, het Antiochos ’n veldtog in 130 v.C. gelei om Mesopotamië terug te neem. Dié streek was nou onder die bewind van Fraates II (bewind: 132-127 v.C.). Die Partiese generaal Indates is verslaan en daarop het ’n plaaslike opstand gevolg waarin die Partiese goewerneur van Babilonië vermoor is. Antiochos het Babilonië verower en Susa beset, waar hy geld laat munt het.; ; Nadat hy met sy leër tot in Medië gevorder het, het die Parters vrede probeer maak. Antiochos het dit van die hand gewys tensy die Arsakiede alle grond, behalwe Partië self, aan hom oorgee, groot heffings betaal en Demetrios vrylaat. Arsakes het Demetrios vrygelaat en hom na Sirië gestuur, maar geweier om aan die ander eise toe te gee.; ; Teen die lente van 129 v.C. was die Mede in ’n openlike opstand teen Antiochos, wie se soldate al die hulpbronne op die platteland in die winter opgebruik het. Terwyl Antiochos die opstand probeer onderdruk het, het die Parters die streek bestorm en hom in 129 v.C. in die Slag van Ekbatana verslaan. Sy liggaam is in ’n silwerkis na Sirië teruggestuur. Sy seun Seleukos is gevange geneem en ’n dogter is in Fraates se harem opgeneem.; ; sien ook en
thumb|220px|’n Dragme van Mitridates II. Keersy: ’n sittende boogskutter met ’n boog; die inskripsie lui: "van die koning van konings Arsakes die roemryke Grieksgesinde".
Terwyl die Parters die gebiede teruggewen het wat hulle in die weste verloor het, het ’n ander bedreiging in die ooste ontstaan. In 177-176 v.C. het die nomadiese konfederasie van die Xiongnu die nomadiese Yuezhi uit Noordwes-China verdryf het; die Yuezhi het toe na Baktrië migreer en die (Skitiese) Saka-stamme verdryf. Die Saka moes noodgedwonge verder wes trek, waar hulle die Partiese Ryk se noordoostelike grense oorgesteek het.; ; Mitridates moes dus na Hirkanië terugtrek ná sy verowering van Mesopotamië.