Die Yas Marina-renbaan (حلبة مرسى ياس) is die tuiste van die jaarlikse Aboe Dhabi Grand Prix. Die baan is ontwerp deur Hermann Tilke, en is geleë op die Yas-eiland, ongeveer 30 minute se reis van die hoofstad van die Verenigde Arabiese Emirate, Aboe Dhabi. Yas Marina is een van drie Formule Eenbane in die Midde-Ooste, die ander twee is in Bahrein en Djedda.

Die baan beskik oor kragtige spreibeligting, en al die Aboe Dhabi Grands Prix word as 'n dag-aandwedren gehou, wat baie aanskoulik blyk te wees.

Verwysings

Kategorie:Aboe Dhabi Grand Prix Kategorie:Sport in die Verenigde Arabiese Emirate Kategorie:Geboue en strukture in Asië Kategorie:Renbane